Weg! Platteland

Borrelende persoonlik­heid

-

Terwyl Platteland se Consol-flesse vol tuisgemaak­te kombucha gesellig aan ’t gis was in die spenskas vir ons fermentasi­estorie op bl. 74, het die stigters van Happy Culture Kombucha, Mark Jones en Manon Colmant, vir ons bottels van húlle nuwe geure kombucha – Cherry CBD en Zesty Energy – laat aflewer.

Met eersgenoem­de, wat met Cbd-olie (kannabidio­l) uit Cannabis sativa verryk is, sluit hulle hulle aan by die groeiende golf van besighede wat hierdie aktiewe verbinding in die daggaplant gebruik om “helende eienskappe” aan verskeie produkte te verleen. Die Zesty Energy-geur word opgekikker met guarana and ginseng.

Happy Culture Kombucha se gefermente­erde organiese groentee vol borrels is te kry in 340 ml- (R25-R30 elk) en 850 ml- (R55-R62 elk) herwinbare Pet-bottels en bevat minder as 4 g suiker per

100 ml. Die ander geure in die reeks is Cucumber

& Mint, Ginger & Lemon, Pineapple & Lime,

Rooibos Chai, Raspberry & Hibiscus en Blueberry & Basil, en dis onder meer te kry by

Spar, Pick n Pay en Food Lover’s Market.

KONTAK happycultu­re.co.za hello@happycultu­re.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa