Weg! Platteland

Proe die platteland

-

Die eetplekke wat jaar ná jaar bekroon word in die restaurant­gids Eatout se jaarlikse kompetisie, is omtrent altyd in die Boland, Kaapstad en soms die Goudstad, maar vir Platteland se twee groot gunsteling­e sal jy moet uitwyk platteland toe. Hoe dan anders?

Begin sommer vandag die spaarvarki­e vet voer en bespreek ’n tafel by Kobus van der Merwe se internasio­naal bekroonde restaurant Wolfgat op Paternoste­r waar jy die water en die plantegroe­i van die Weskus in verbluffen­de kombinasie­s op jou bord sal proe. Wolfgat is verlede jaar by die Wêreldrest­auranttoek­ennings aangewys as Restaurant van die Jaar en pryk in die vierde plek op Eatout se lys.

In die negende plek is Chantel Dartnall se Restaurant Mosaic by

The Orient-hotel diep in die ruigtes van die Francolin-bewarea in Elandsfont­ein. Hier stuur ’n mens jou tong op ’n onvergeetl­ike verbeeldin­gsvlug waar Moeder Natuur elke gereg inspireer. Maande ná ons besoek in November verlede jaar droom ons steeds oor elke gang en daardie mosbolletj­ievingers wat jy in ’n romerige kaassous doop…

En anders as in soveel ander toprestaur­ante werk albei hierdie sjefs sélf kliphard in die kombuis – en ’n mens kan dit wagtie proe. Bespreking­s, verkieslik aanlyn, is noodsaakli­k. KONTAK Wolfgat wolfgat.co.za Restaurant Mosaic restaurant­mosaic.com >

 ??  ?? Chantel Dartnall
Chantel Dartnall
 ??  ?? Kobus van der Merwe
Kobus van der Merwe

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa