Weg! Platteland

In ’n neutedo(r)p

-

Hoe ver van die grootstad af? 330 km van Pretoria en 360 km van Johannesbu­rg af. Veel nader is Tzaneen (146 km), Nelspruit (142 km), Witrivier (127 km) en Lydenburg (48 km).

Winkels Try Me Dealer is die algemene handelaar, maar mense koop hulle groot kruidenier­sware op Lydenburg. By die Oasis-winkelsent­rum is daar ook ’n vulstasie, kafee, slaghuis en drankwinke­l. Naaste hospitale Nelspruit het verskeie hospitale waarvan talle privaat is. Effens nader, tussen Nelspruit en Witrivier, is die Kiaat- private hospitaal. Naaste Woolies Witrivier.

gebou. Hy gee geskiedeni­s vir gr. 12leerling­e aan die Matshaile Senior Sekondêre Skool.

Sam sê hy geniet die stilte op Ohrigstad. “Jy sal net nou en dan ’n geraas hoor, wanneer die Afrikaners makietie hou. Hier is ’n kroeg hoër op in die straat, die Joeques Sports Bar. Wanneer daar rugbywedst­ryde uitgesaai word, kan dit lekker plesierig raak!”

Sam het self ook ’n bietjie rugby gespeel vir die Ohrigstad-klub, deesdae die Laeveld Ratels. “Ek was aanvanklik fanaties oor sokker, maar toe ek hier kom, is daar nie sokker nie. Toe word die rugbyspan in 2012 gestig en nou geniet ek rugby meer as sokker.”

Al kan sy ribbes dit nie meer hou nie, bly Sam betrokke by die klub. “Ek wou aftree, maar die span wou my nie laat gaan nie. Nou is ek die voorsitter van die Ratels.”

Vir Sam is die ander groot pluspunte die rol van die Laerskool Ohrigstad en die Boereveren­iging in die vallei. “Die Boereveren­iging hou ons dorp veilig.

Daar is gereeld patrollies – hulle gaan nie uit om iemand te betrap nie, maar wil net hulle eiendom beskerm,” verduideli­k hy.

En die skool? Sam beskou sy kinders se onderrig as uitstekend. Sy seun is in die Laerskool Ohrigstad en sy dogter is op Lydenburg op hoërskool. “My kinders het fantasties aangepas. Hulle speel met enigiemand en sien nie kleur raak nie.” Sy seun en dogter praat sommer Afrikaans met mekaar as hulle tuis is. “Ek verstaan nie eens wat hulle sê nie; hulle kan maklik agter my rug skinder.”

Sam se liefde vir jong mense en hulle onderrig is ooglopend en hy doen moeite om vir sy leerlinge die plaaslike geskiedeni­s te leer. “Die kinders kry navorsings­projekte met die Voortrekke­rs as tema. Ek reël dat Ronnie en Jan Ferreira saam na die Voortrekke­rfort gaan en hulle help dan om die geskiedeni­s te vertel. Met artefakte raak dit meer prakties; die kinders vind aanklank by die inhoud en stel meer belang in hulle omgewing.” >

 ??  ??
 ??  ?? BO Sam Mogane het in 2010 vir hom ’n huis in die dorp gebou, maar hy woon al sy hele lewe in die vallei. Hy hou skool en kuier gereeld by sy ma op Rietfontei­n, 22 km buite die dorp.
REGS Met ’n naam soos Tiezers is dié plek verbasend genoeg ’n gawe restaurant (en slaghuis) vir gesinne. Hier is ’n dam, grasperk, swaaie, wipplank én is dit is hondevrien­delik.
BO Sam Mogane het in 2010 vir hom ’n huis in die dorp gebou, maar hy woon al sy hele lewe in die vallei. Hy hou skool en kuier gereeld by sy ma op Rietfontei­n, 22 km buite die dorp. REGS Met ’n naam soos Tiezers is dié plek verbasend genoeg ’n gawe restaurant (en slaghuis) vir gesinne. Hier is ’n dam, grasperk, swaaie, wipplank én is dit is hondevrien­delik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa