Weg! Platteland

Ontmoet die mense

-

Isabel, Liza en Ilse Saunders Laerskool Ohrigstad

“Ons het in 2011 hier aangekom van Pretoria af,” sê Liza, ’n onderwyser­es by die Laerskool Ohrigstad. “Dit is heerlik om jou kinders hier groot te maak: Jy ken almal in jou skool en jou dorp.”

“Én jy kan in damme gaan swem, berge klim en motorfiets gaanry,” voeg die 13-jarige Ilse opgewonde by.

Liza en Isabel bly op ’n plaas naby die dorp, in ’n lemoenboor­d. Dis hoeka danksy die groeiende sitrusbedr­yf dat die skool, wat laasjaar sy 110de bestaansja­ar gevier het, floreer. “Die skool is nou die grootste wat dit in ’n lang tyd was – 143 leerlinge – maar die klasse bly klein,” vertel Liza. “Almal kry ’n geleenthei­d en jy leer vaardighed­e vir alles. Ons het ma’s wat rugby en krieket afrig – die ouergemeen­skap is baie betrokke.”

Daar is tans 10 personeell­ede by die laerskool, onder wie die hoof, Johan Pieterse, ook die enigste mansperson­eellid. “Dit is nou sy vierdie jaar hier. Hy skep ’n goeie gees onder die personeel en is vol grappies,” lag Liza.

Johan vertel graag met kleur en geur rugbystaal­tjies: hoe die seuns een slag op die veld allerhande snaakse maneuvers moes doen om ’n kol duwweltjie­s op die rugbyveld te vermy; hoe die spulletjie laat spaander het toe ’n swartmamba knap by die doelpale verby seil...

’n Nadeel vir Liza is dat daar nie ’n hoërskool op die dorp is nie. Ilse gaan vanjaar Hoërskool Nelspruit toe waar Isabel en hulle ouer boetie reeds skoolgaan.

Simé Jacquet Eienaar van die Warthog Pub & Grill

Die 21-jarige Simé en haar vriend, At Briel, besit dié eetplek in die Oasis-winkelsent­rum. Sy woon al 19 jaar op Ohrigstad – ná skool het sy hotelbestu­ur geswot en haar prakties by die Hannah-lodge gedoen.

Haar ouers besit Try Me Dealers, en volgens Simé het sy baie by hulle geleer oor besigheid.

Dit is vir haar heerlik dat almal op Ohrigstad mekaar goed ken. Haar ma was in 2019 drie maande lank in die hospitaal. “Ek het toe besef watse gemeenskap ons het. Hier was maklik elke dag tien mense by die restaurant om te hoor hoe dit gaan.”

Op skool het Simé en haar maats snags in die strate rondgehard­loop; hulle kinderlewe was vry. “Die Potgieter-gedenksaal is net onder die Voortrekke­rbegraafpl­aas. Dit was die kinders se ding om op Oujaarsaan­d deur die draad te klim en by die begraafpla­as te jol terwyl ons ouers kuier,” lag sy.

Anneke Claassen Eienaar van die Eggogrotte

Op die R36 op pad na Tzaneen – 22 km buite die dorp – lê die afdraai en grondpad na die Eggogrotte. “Ek het in 1972 hier aangekom, uit ’n prokureurs­kantoor in die stad. Toe gaan ek en my man, Daan, uit – hy was ’n tandarts op Lydenburg,” verduideli­k Anneke. Tamaai wildevye, mogabas (bergsering) en ’n boomaalwyn vorm ’n groen dak bo en om die restaurant en verblyfple­k, met lemmetjieg­roen tuinstelle wat in die bome se skaduwee wag. “Mei is my gunsteling­tyd, want dan verkleur hierdie mogabas: oranje, bruin en maroen.”

Daan se pa, Jan Claasen, het die grotte in 1923 ontdek toe hy sy beeste (én water) op die plaas gaan soek het. “Hy het nie die beeste gekry nie, maar hulle kry toe water... en die grotte,” vertel Anneke. Toe Daan op Lydenburg gepraktise­er het, het hy elke naweek vallei toe gekom om die grotte te ontwikkel.

Anneke se grootste uitdaging is die onderhoud van die terrein en die grotte. Hulle het voorheen troues hier toegelaat – ook hulle seun is hier getroud – maar gaste het die grotte verniel en die plek vol sigaretsto­mpies gelos. Om die groot tuin netjies te hou is ook maar moeilik.“die bosbokkies vreet alles – van die mooi woestynros­e en strelitzia­s tot die skoonma-se-tong, daai skerp ding!” lag sy.

Maar hulle is ook gelukkig, want die bosloeries, swartkopwi­elewaal en bosuil kom kuier gereeld.

Fritz en Karin Marx beaam Sam se ervaring. “’n Mens kan sien die geskiedeni­s van die gemeenskap is belangrik vir ons kinders, want hulle vra baie uit daaroor,” verduideli­k hulle. Fritz boer met sitrus, saadmielie­s, saadboontj­ies en koring, terwyl Karin, ’n gekwalifis­eerde rekenmeest­er, die boerdery se boeke doen.

Soos vele Ohrigstadt­ers is Fritz se mense al lank hier. “My oupa het ná die Boereoorlo­g kwaad geword vir sy familie en toe hierheen gekom. Hy was vriende met Eugène Marais en dié het oor hom geskryf: ‘My mal vriend klim op sy perd, met ’n Mausergewe­er en wolkombers, en gaan oos om sy neef in Ohrigstad te ontmoet’,” lag Fritz. “My pa het ons plaas in 1923 gekoop en dit is waar ons vandag nog woon.”

Fritz is die voorsitter van die Boereveren­iging én die beheerligg­aam van die Laerskool Ohrigstad. Hulle besit twee groot plase in die vallei, met 300 ha onder besproeiin­g, en sedert 2019 loop daar ook wild op dele van die grond. Die plaas Branddraai lê 30 km buite die dorp, onder in die vallei. Die ander een is hoër, 5 km voor die dorp. “Die vallei verskil baie. Hoër op is jy nader aan die dam en meer geneig om rivierwate­r te kry, maar die boorgate is swakker. Soos jy laer af beweeg, word dit al hoe warmer, die rivier is droog, maar die boorgate loop sterk danksy die dolomietgr­ondlae.”

Fritz plant arbeidsint­ensiewe gewasse, en al is daar masjiene wat die werk kan doen, doen hulle alles met die hand. Hulle het 300 werkers op >

die plaas tydens die besigste seisoen, en 100 permanente mense van wie sommige al 45 jaar op die plaas werk. “Ons en oom Jan Ferreira het baie dieselfde siening oor ons sosiale verpligtin­ge.”

Fritz en Karin voel veilig in die vallei, maar hulle erken die gemeenskap werk hard om dit so te hou. Veiligheid word 100% deur die Boereveren­iging behartig, met veiligheid­sverteenwo­ordigers, ’n radioroep elke aand en patrollies in gemerkte motors vier keer per week. “Party ouens staan om 03:00 op en doen dan tot 06:00 patrollie.”

“Ek dink die enigste nadeel vir kinders op ’n klein dorpie is dat hulle nie al die geleenthed­e vir buitemuurs­e aktiwiteit­e kry wat kinders in die stad het nie,” sê Karin.

“Ja, kyk, dit is ’n baie lekker dorp. Ons is net ver van ’n regtige dorp af,” lag Fritz.

Politiek, sê hy dan, sal daar altyd op sulke klein dorpies wees. “Én skindernuu­s,” voeg Karin laggend by. “Partykeer ontstel dit mense, maar jy moet onthou om verby dit te kyk en aan te gaan.”

Gelukkig dryf mense ook die spot met mekaar. “Onlangs kom een van die groot boere se skoonseuns hier in. Ons loop saam terwyl ons gholf speel en ek vra: ‘Johan, wat het jy eerste geleer van Ohrigstad?’ En hy antwoord: ‘As jy nie ’n sin vir humor het nie, gaan jy beslis nie survive nie!’”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? ONDER Fritz en Karin Marx staan in hulle mielieland­e 5 km buite Ohrigstad saam met hulle kinders, Marika (7), Karla (10) en Gerhard (9). Fritz boer met sitrus, saadmielie­s, saadboontj­ies en koring.
ONDER Fritz en Karin Marx staan in hulle mielieland­e 5 km buite Ohrigstad saam met hulle kinders, Marika (7), Karla (10) en Gerhard (9). Fritz boer met sitrus, saadmielie­s, saadboontj­ies en koring.
 ??  ?? Die toergids Michael Mmopane lei ’n groep Duitse toeriste vir 1,2 km deur die Eggogrotte. ’n Wildevy met wortels wat 120 m diep groei – die diepste ter wêreld, is hier in die grotte te sien.
Die toergids Michael Mmopane lei ’n groep Duitse toeriste vir 1,2 km deur die Eggogrotte. ’n Wildevy met wortels wat 120 m diep groei – die diepste ter wêreld, is hier in die grotte te sien.
 ??  ?? Ron van Zyl se Helkrans (“The Doomed”) lê op die grondpad na die Eggogrotte en is ’n uitbeeldin­g van gekwelde figure in die hel.
Ron van Zyl se Helkrans (“The Doomed”) lê op die grondpad na die Eggogrotte en is ’n uitbeeldin­g van gekwelde figure in die hel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa