Weg! Platteland

Eet, drink, wees plesierig

-

Doen, drentel, koop Den Lila Hatten Wool & Gifts

Dié klein geskenkwin­kel is in die Oasiswinke­lsentrum en verkoop iets van alles: wol, naaldwerkg­oed, handgemaak­te seep, beskuit, konfyt en ingelegde vrugte. Honey Badger, ’n oulike omgewingsv­riendelike klerereeks vir kinders, is ook hier beskikbaar.

084 515 7956

Eetplekke The Warthog Pub & Grill

Dié kuierplek is ook by Oasis. Die pryse is billik en hulle burgers en steaks verkoop soos soetkoek. As jy nie bang is vir baie spek en kaas is nie, probeer gerus die bros aartappels­kille (crisped potato skins).

013 238 0508 Warthog Pub & Grill

Tiezers

’n “Meat and Stripklap”, “Forkenmeat”... of sommer net ’n padstal. Tiezers is ook nie regtig ’n “paaldans-akademie” nie (nog een van die name vir die slaghuis-en-restaurant), maar daar is wel ’n rooigeverf­de paal buite vir gaste wat ’n draai wil swaai voor hulle ’n burger bestel. Die buitedeel met ’n dam, grasperk, swaaie en wipplank maak dit ’n gawe stilhouple­k vir mense met kinders en honde. 013 238 0461 Tiezers Meat en Stripklap

Blyplek The Royal Palm B&B

Die naam sê alles: Dis ’n plek wat geskik is vir koninklike­s, met ’n swembad wat omring word deur palmbome. Die plek is sowaar ’n oase in dié droë landskap. Daar is agt eenhede, braaigerie­we en kos kan ook aan gaste voorgesit word. Die gastehuis is hoog teen die berg gebou en kyk uit oor die dorp en vallei. Hier is ’n galery waar jy skilderye deur Trix Crause, juwele en leerhandwe­rk kan koop. 083 313 3920 palmroyal.co.za

Ploughman’s Rest

Net 3 km noord van die dorp lê dié gastehuis op ’n boer se plaas. Daar is drie eenhede en ’n breë stoep rondom die huis, en om elke draai wag ’n leeshoekie met ’n mooi uitsig. Die huis is in ’n elegante dog aardse styl versier, met antieke items en herwonne plaastoeru­sting wat elke hoekie opkikker.

082 900 4736

 ??  ?? Den Lila Hatten Wool & Gifts
Den Lila Hatten Wool & Gifts
 ??  ?? The Royal Palm B&B
The Royal Palm B&B

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa