Weg! Platteland

’n Bedrywige kalender

-

Op Val is daar omtrent meer geleenthed­e in ’n jaar as inwoners. In Januarie het die geskiedeni­sgroep die Culture Vultures bymekaarge­kom, en in Februarie was daar ’n wynproe met ’n optrede deur die Buurman Blues Band. Vir die res van die jaar word die volgende beplan.

• 28 Maart Die Boer &Brit-dag word vanjaar die 11de keer gehou en is ’n viering van die “whiskytrei­n”-voorval in 1900 toe die Boere 4 km buite Val ’n Britse goederetre­in voorgelê en vyf ossewaens vol drank buitgemaak het. Uiteindeli­k het hulle ’n heerlike partytjie gehou saam met die Britte wat hulle gevange geneem het.

• 4 April Impac-filmfees (in Engels – hoe anders? – Impac Film Festival)

• 24-27 April Skrywersna­week

•30Mei Fotografie­slypskool

• 27 Junie Kar-na-val-uitstallin­g van antieke voertuie

•1Julie Boeredag Dis ’n groot storie, hoor ’n mens, die jaarlikse Boeredag van die Watervalbo­ereverenig­ing. Nou nie heeltemal Nampo nie, maar amper.

• 9 Augustus 100 jaar van Mode

• 24 September Internasio­nale kosfees (in Engels Food Festival)

• 31 Oktober Spookstori­es om die kampvuur

Vir navrae oor enige van die geleenthed­e – trouens, enigiets wat op Val gebeur, ook rakende die winkel en museum – kontak vir Rita by die Val-hotel.

info@valhotel.co.za 082 550 5540 valhotel.co.za Valhotel

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa