Weg! Platteland

Ontmoet die mense

-

Debbie Thixton Winkelier en museumbest­uurder

Debbie druk ’n groot verskeiden­heid T-hemde vir mans én vroue wat sy in die winkel verkoop. Ons gunsteling­e is die Val- en Platteland-t-hemp.

Debbie het op Nieu-bethesda in die Oos-kaap gewoon toe sy die eerste keer van Val gehoor het. Sy was nie baie gelukkig op die Uilhuisdor­p nie, want dit is ver van alles af, die plaaslike mark is piepklein, en dit die winters was vir haar net té koud.

“Toe kom ek Val toe en gesels met Rita om te hoor of hier werk is vir my!”

Debbie, wat op Greylingst­ad woon en elke dag deurry Val toe, sê sy is dolgelukki­g hier. “Ons is nie te ver van die stad af nie en ek kan darem so nou en dan by ’n teater uitkom. En die boere... hulle het my regtig verras. Hier het ek gesien watter moeilike lewe hulle het en hoe min hulp hulle kry – dít terwyl hulle die bewaarders van ons kos is! Veral vir Afrikaanse boere het ek ’n diepe respek: Hulle is plat op die aarde, altyd bereid om te help, het altyd

’n plan, en is sommer net die sout van die aarde. Hulle is ordéntlike mense!

Sy glimlag breed. “Hier is ek báie gelukkig!”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa