Weg! Platteland

Sara Sebiloane

-

Huishoudst­er by die Val-hotel

Sara, ’n Sothovrou wat in Vrede in die Vrystaat grootgewor­d het, werk al sedert 29 September 1995 by Rita-hulle. En sy is vandag nog mal oor haar werk.

“Hier kom lekker baie mense, ook van oorsee. Partykeer raak dit besig hierso, want die mense kom hou troues. Ek maak baie kos vir die troues en die restaurant, dinge soos stew, hoenderpas­tei, spek en eiers, roosterkoe­k...”

Sara straal behoorlik tevredenhe­id uit en sê inderdaad sy mis niks hier op Val nie. “Ek gaan kuier sometimes by my ma op Heidelberg, maar ek worry nie oor wat ek nié het nie; ek is gelukkig met die lewe. Dit is seker ’n bietjie stil party dae, veral in die winter, maar dis fine vir my. Ons moet maar aangaan met ons werk. Ek is ’n bietjie bang vir die koue in die winter – ek hou meer van die somer.”

Sara se man het haar in 2006 ontval toe hy onder ’n trekker beland het. “Dit was moeilik, maar hier staan ons saam en ondersteun mekaar.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa