Weg! Platteland

Sarie en Andrew van Zyl

-

Winkeleien­aars

Die Van Zyls het einde 2004 van Phalaborwa af Val toe getrek – eintlik, sê hulle, per ongeluk. “Andrew is op vroeë pensioen geplaas by die myn waar hy gewerk het,” vertel Sarie, “en ek was in daardie stadium adminbestu­urder by Checkers. Toe sien ons ’n advertensi­e in die Landbouwee­kblad vir ’n winkel en drankwinke­l mét ’n huis – op twee burgererwe – wat te koop is.”

Hulle woon lekker op Val, al wou Sarie daardie eerste dag net wegloop. “Ek het vir Andrew gesê nee, hier gaan ek nie bly nie, maar nou wil ek nêrens anders wees nie. Die plek is só klein, jy kan nie hard hoes nie of iemand stuur vir jou medisyne oor!” Sy glimlag “Een: Dit is so lekker rustig hier en daar’s net mooi niks wat jou jaag nie. Twee: Almal groet vir almal. En drie: Ons mis niks nie – ons luister RSG, kyk geen TV nie, lees graag. En dan maak ons sementpott­e en ek hekel.”

Dinge het wel oor die jare verander. “Hier was voorheen baie meer mense en toe het ons ook baie meer customers gehad. Maar hier is nie werk nie en baie mense het Greylingst­ad of Balfour toe getrek. Wanneer dit oestyd is, raak dinge darem besiger – so van einde April af tot Junie, Julie se kant. As ek sien die lorries begin opdaag om die oes weg te vat, dan maak ek broodjies en so sodat die lorriebest­uurders darem iets te ete het.”

Andrew vertel tjips is hulle topverkope­r – hulle koop groot sakke daarvan en maak dan self klein pakkies op wat hulle vir R1 of R2 verkoop. “Aan die begin het ons baie meer voorraad gehad – Lennon’s-medisyne, seep, tandepasta en so aan – maar nou hou ons net die nodigste aan, goed wat verkoop. Dis die goed wat ek touch & go-produkte noem.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa