Weg! Platteland

Eettyd sonder wreedheid

-

Nicky was 55 toe sy haar leefstyl verander en veganistie­s geword het. Sy het baie begrip vir hoe moeilik dit is om daardie besluit te maak, maar meen daar is deesdae veel meer mense wat dié leefstyl volg.

By die toevlugsoo­rd maak Nicky en haar span beurte om aandete te kook, en alle etes wat op die plaas geëet word, is 100% vry van diereprodu­kte. Hierdie verbinteni­s tot ’n veganleefs­tyl het intussen uitgebrei na ’n ondernemin­g op Greyton: Pure Café in Eenheid 3 by Hoofweg 41 is ’n eetplek waar slegs plantaardi­ge maaltye voorgesit word, en al die wins is ten bate van Nicky se skuilplek.

Sy het Pure Café oopgemaak om ’n plek te skep waar diereliefh­ebbers kan eet sonder dat borde spek en eiers verby hulle gedra word. Die kos by Pure Café is uiters smaaklik en baie billik. Daar is ook deli- en ’n verskeiden­heid veganistie­se produkte te koop.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa