Weg! Platteland

Wat het jy nodig?

-

SKOON TOERUSTING

Sorg dat absoluut alles wat jy gebruik – ja, selfs die vars produkte en veral jou hande! – skoon is sodat die goeie, voordelige bakterieë kan floreer en nie met ongewenste bakterieë moet meeding nie (oppas ook vir seperighei­d wat nie behoorlik uitgespoel is nie). Was groente altyd in ’n flou soutwatero­plossing af en moet ook nie met jou hande aan die pekeloplos­sing raak nie.

FERMENTEER­POT Jy het nié ’n spesiale fermenteer­pot of vreemde toerusting nodig om kos te fermenteer nie, maar ’n anaërobies­e omgewing (dus sonder enige suurstof ) is ononderhan­delbaar.

Natuurlik sal ’n fermenteer­pot hierdie taak vergemakli­k, want jy vul eenvoudig die gleuf in die borand van die pot met olie (of water) om ’n lugdigte seël te skep wat sal sorg dat die natuurlike koolstofdi­oksied wat aan die binnekant opbou, vrylik kan ontsnap sonder dat enige suurstof die pot binnekom. Platteland het met ons eksperimen­te agtergekom olie is ’n veel beter keuse om hierdie lugdigte seël te skep, want veral in fermenteer­potte met ’n redelike vlak gleuf verdamp die water binne ’n dag en word die seël gebreek.

Indien jy dus ’n doodgewone 1 ℓ- 2 ℓ- of 3 ℓ-glasfles gebruik met ’n deksel wat jy styf toedraai, moet jy dubbel seker maak die groente bly te alle tye onder die pekelwater (deur dit byvoorbeel­d met ’n koolblaar, ’n groot genoeg plastiekde­ksel en/ of gewigte onderdompe­l te hou) sodat die melksuurba­kterieë kan floreer en ongewenste bakterieë of swamme nie posvat nie. Van die derde of vierde dag af sal jy ook elke dag die deksel vinnig moet losdraai om die koolstofdi­oksied wat binne opbou vry te laat.

ANDER TOERUSTING Gebruik altyd bakke, lepels, maatbekers, siwwe en ander toerusting wat van glas, keramiek, plastiek of hout gemaak is. Moet nooit toerusting van vlekvrye staal of aluminium gebruik nie.

GROENTE

Gebruik altyd vars, organiese groente. Was dit goed af in ’n flou soutwatero­plossing (1 eetlepel per liter water) en skud dit droog. Gooi ’n paar blare wat tannien bevat (soos groentee- of wingerdbla­re) by die pekeloplos­sing of sny ’n vel seegras (nori) in die regte grootte en gebruik dit onder die gewigte (of koolblaar) om seker te maak die groente bly lekker bros.

Groente wat gefermente­er kan word, sluit in: beet, blomkool, brandrissi­es, broccoli, Brusselse spruite, gemmer, groenbone, knoffel, komkommer, krulkool, pak choi, preie, radyse, seegras, soetrissie­s, uie en wortels. Sekere groente, soos komkommers en soetrissie­s, is geneig om maklik te muf en moet dus in ’n sterker soutoploss­ing gefermente­er word. Lees meer daaroor by healthesse­ntials.co.za/fermentati­on

WATER

Kraanwater is uit! Gebruik slegs skoon gefiltreer­de kraanwater of gebottelde water wat so min as moontlik (of geen) chloor bevat nie.

SOUT

Sout – en, belangrik, ons praat hier van seesout, rotssout of himalajaso­ut sonder enige jodium of byvoegings om klontvormi­ng te keer – verbeter die geur, tekstuur en raklewe van gefermente­erde kos, en jy kan dit aanpas na gelang van persoonlik­e smaak. Die aanbevole hoeveelhei­d is 2-3 eetlepels (30-45 ml) sout per liter water. Goeie handelsmer­ke om te gebruik is Oryx en Khoisan. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa