Weg! Platteland

Kimchi

-

Kimchi is ’n pikante Koreaanse bykos van gefermente­erde Chinese kool, sprietuie, knoffel en brandrissi­e wat gewoonlik saam met rys-, noedel- en pannekoekg­eregte geniet word (selfs vir ontbyt!). Baie resepte bevat ook daikonrady­se, komkommer en wortel. Omdat Chinese kool so skaars is soos hoendertan­de op die Suid-afrikaanse platteland, het ons sommer gewone kool gebruik, maar jy kan die Chinese soort natuurlik maklik in ’n halfskaduk­ol in jou groentetui­n kweek – livingseed­s.co.za verkoop saad.

Maak 2 middelslag-flesse Bereidings­tyd 30 minute Fermenteer­tyd 8-12 dae JY BENODIG

• 1 middelslag-kopkool of 2-3 groot

Chinese kole (napa cabbage), fyngekerf

• 2 bossies sprietuie, in dun ringetjies gesny

• 2 groot wortels, geskil en grofgerasp­er

• 1 hele knoffelbol, huisies geskil en dan fyngekap

• 2 eetlepels (30 ml) fyngeraspe­rde vars gemmer

• 2 eetlepels (30 ml) droë rissievlok­kies (gebruik minder of meer na gelang van smaak)

• 2 eetlepels (30 ml) vissous (opsioneel – dit sorg vir ’n meer outentieke smaak)

• 2-4 eetlepels (30-60 ml) seesout

SÓ MAAK JY

Volg presies dieselfde stappe as vir die sauerkraut op die oorkantste blad. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa