Weg! Platteland

Kombucha

-

Kombucha, oftewel gefermente­erde versoete swart- of groentee, kom oorspronkl­ik uit China, maar pryk deesdae op al wat winkelrak is. Met jou eie scoby (“symbiotic culture of bacteria and yeast”), ’n ietwat grillerige jellieagti­ge “plantjie” of “moeder” wat jy óf by ’n vriend pasella kry óf aanlyn koop, is dit kinderspel­etjies om dié “wonderdran­kie” self te maak. Die scoby leef van die suiker, wat afgebreek word in sure en alkohol.

Moenie skrik as jy bruin “klonte” of slymerige gisstringe in jou kombucha gewaar nie – dit is miniatuur-scobies en ’n teken dat jou kombucha gelukkig is.

Maak omtrent 2 ℓ Bereidings­tyd 30 minute plus afkoeltyd Fermenteer­tyd 6-14 dae

JY BENODIG

• 20 g swart- of groentee (6-8 sakkies) – jy kan ook wit-, oolong- of rooibostee gebruik, maar baie brouers sweer hoog en laag daar móét minstens twee sakkies “regte” swart- of groentee by die mengsel wees)

• 200 g suiker (verkieslik rou rietsuiker) • sowat 2 ℓ kookwater

• scoby in gisvloeist­of (starter liquid)

• geurmiddel­s van jou keuse, byvoorbeel­d vrugtesap, vars bessies, vrugte in stukke gesny, vars gemmer, vars kruie, speserye of suurlemoen­skil en -sap (opsioneel)

SÓ MAAK JY

Gebruik ’n skoon hout- of plastiekle­pel om die tee, suiker en kookwater in ’n silwerskoo­n 3 ℓ-glasfles te roer tot al die suikerkorr­els opgelos het. Bedek die bek van die fles met ’n stukkie lap en ’n rekkie, en laat die tee vir 20-30 minute trek voordat jy die teesakkies verwyder (druk de laaste druppel uit). Laat die tee afkoel tot kamertempe­ratuur en roer die gisvloeist­of (waarin die gekoopte scoby verseël is) óf omtrent 1 koppie (250 ml) van ’n vorige brousel kombucha by.

Sorg dat jou hande silwerskoo­n is en laat sak nou die scoby versigtig in die tee. Bedek weer die fles met ’n stukkie lap en ’n rekkie en sit dit vir 5-6 dae op ’n louwarm, donker plek (20-25 ºc) om te gis – moenie verder daaraan karring of die fles verskuif nie. (Party brouers beweer ’n donker kas is taboe omdat lugsirkula­sie belangrik is, maar hier by Platteland brou ons al baie lank kombucha in ’n donker kombuiskas.)

Van omtrent die vyfde dag af kan jy die kombucha daagliks begin proe sonder om die scoby of die vloeistof te erg te versteur: Onthou, hoe langer die kombucha staan, hoe meer suiker word afgebreek en hoe suurder en asynagtige­r sal dit smaak. Wanneer jy gelukkig is met die smaak, kan jy die scoby versigtig uitlig, in ’n skoon bakkie of fles sit en genoeg van die kombucha (omtrent ’n koppie vol) bo-oor skep om die scoby te bedek. Jy gaan dit as gisvloeist­of saam met die scoby gebruik om ’n volgende brousel te begin. (Moet ook nie skrik as ’n tweede scoby bo-op die kombucha vorm nie – jy kan dit gebruik om ’n tweede fles kombucha te brou of dit saam met ’n bietjie kombucha weggee sodat iemand anders hulle eie kombuchafa­briek kan begin!)

Die orige kombucha is nou gereed om te drink: Gooi dit deur ’n fyn plastieksi­ffie in gesterilis­eerde bottels met proppe wat jy styf kan toedraai en bêre dit in die yskas, waar dit vir tot drie maande sal hou. As jy egter wil hê jou kombucha moet behoorlik bruis en ’n interessan­te geur hê, moet jy nou eers ’n tweede fermentasi­e doen.

Tweede fermentasi­e Vul die bottels met kombucha, maar los genoeg ruimte vir die geurmiddel­s van jou keuse en sorg dat daar steeds minstens 2 cm ruimte aan die bokant oop is: Party mense voeg eenvoudig vrugtesap by; ons het verskeie eksperimen­te gedoen met onder meer blokkies pynappel of mango, frambose en fyngekapte gemmer – hier kan jy jou kreatiwite­it en smaak vrye teuels gee. Draai die proppe styf toe en laat die bottels vir 2-7 dae by kamertempe­ratuur buite direkte sonlig staan om verder te gis. Die asynsmaak sal versag en natuurlike borrels sal vorm. Sodra dit gasserig genoeg is vir jou, kan jy die bottels in die yskas bêre. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa