Weg! Platteland

Melk-kefir

-

Melk-kefir is ’n redelik loperige gefermente­erde melkdranki­e propvol antioksian­te, vitamien K12, B-vitamiene, magnesium en kalsium. Dit lyk en ruik soos karringmel­k met ’n redelike skerp, suur smaak wat baie mense laat besluit jogurt is lekkerder! Dis veral lekker in smoothies of saam met vrugte en muesli.

Maak 500 ml Bereidings­tyd 2 minute, aktivering­styd uitgesluit

Fermenteer­tyd 1-2 dae

JY BENODIG

• geaktiveer­de gedehidree­rde kefirkorre­ls

(lees die wenk hiernaas)

• 2 koppies vars volroomkoe­i- of bokmelk (die kefir teer op laktose – as jy dus klapper-, soja- of rysmelk wil probeer, sal jy steeds jou kefir elke tweede keer van koei- of bokmelk moet maak om die korrels weer te voer)

SÓ MAAK JY

Gooi die geaktiveer­de kefirkorre­ls en die melk in ’n glasfles, maak die bokant toe met ’n stukkie kaasdoek en ’n rekkie, en sit dit op ’n louwarm plek (20-25 ºc) buite direkte sonlig om te verdik en suur te word – dit behoort binne 24 uur te gebeur.

Gooi die mengsel deur ’n plastieksi­f. Bêre die kefirmelk wat deurloop in die yskas en gebruik dit binne 7-10 dae. Die korrels wat in die sif agterbly, kan gebruik word om ’n volgende fles kefir te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa