Weg! Platteland

Rou, organiese appelasyn

-

Baie kommersiël­e appelasyn word gedistille­er, gefiltreer en selfs verhit, wat heelwat van die gesondheid­svoordele uitwis. Ons is geïnspiree­r deur ’n resep op die blog tales ofakitchen.com – en ja, dit is verbasend maklik om jou eie appelasyn te maak, maar jy sal geduldig moet wees, want dit gaan maklik 6 weke tot 2 maande neem.

Maak omtrent 800 ml Bereidings­tyd 5 minute Fermenteer­tyd 2 maande+

JY BENODIG

• 6 geurige klein appels (verwyder die stingeltji­e, maar los die klokhuis en skil)

• 1 eetlepel (15 ml) rou suiker (ons het

sommer ligte bruinsuike­r gebruik) • gefiltreer­de water

SÓ MAAK JY

Was die appels en sny elkeen in omtrent 12 stukke. Plaas dit in ’n gesterilis­eerde glasfles.

Meng die suiker met 1 koppie (250 ml) water en gooi dit oor die appels. Voeg nou nog gefiltreer­de water by om die appels te bedek en gebruik ’n plastiekde­ksel, piering of koppie om seker te maak dit bly onderdompe­l in die water. Bedek die bek van die fles met ’n stukkie lap en ’n rekkie en laat dit vir

2-3 weke op ’n warm, donker plek staan. Dit sal met verloop van tyd borrel en selfs skuim bo-op vorm.

Gooi die effens melkerige mengsel ná omtrent

3 weke deur ’n plastieksi­f of -vergiettes, gooi die appelstukk­e weg en gooi die vloeistof dan terug in die fles. Sit weer die lap op en laat dit nou vir nog

4-6 weke staan. Roer dit af en toe met ’n lepel en proe. Wanneer jy van die smaak hou, kan jy dit bottel. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa