Weg! Platteland

Wynasyn

-

Om jou eie wynasyn te maak het jy ook ’n moeder nodig (wat lyk soos die scoby wat jy vir kombucha benodig) en afvalbietj­ies wyn. Asynmoeder­s is nie iets wat ’n mens in winkels raakloop nie, maar Platteland het einde 2018 ’n wit- én rooiwynasy­nmoeder by die Franschhoe­kse sjef Margot Janse gekry wat sedertdien al etlike “babas” gemaak het.

Bereidings­tyd 2 minute Fermenteer­tyd 2 maande+

JY BENODIG

• asynmoeder

• oorskiet-wit- of rooiwyn (óf gebruik

vonkelwyn vir die witwynmoed­er)

SÓ MAAK JY

Dis regtig die maklikste ding op aarde: Plaas die asynmoeder in ’n groot glasfles met ’n kraantjie (die soort waarin pons of water voorgesit word by partytjies) en gooi omtrent ’n bottel wyn by om mee te begin. Vir witwynasyn moet jy vir elke bottel wat jy bygooi, ook ’n koppie gefiltreer­de water byvoeg. Maak die fles aan die bokant toe met ’n stukkie lap en ’n rekkie sodat dit kan asemhaal.

En dis regtig dit: Jy wag maar, tap elke dan en wan ’n druppel in ’n teelepel om te proe, en elke keer as daar ’n bietjie wyn onder in ’n bottel oor is, gooi jy dit by.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Kyk al die nuwe dun asynmoeder­s wat al in hierdie fles gevorm het! (Eintlik moet jy dit dadelik verwyder, want dié spulletjie gaan al jou asyn opdrink. Lees onder regs hoe jy een van hulle kan wen!) REGS BO ’n Fles met rooiwynasy­n. REGS Op die bord lê die dikker, oorspronkl­ike asynmoeder. In die hand is ’n nuwe dun asynmoeder wat boop gevorm het.
Kyk al die nuwe dun asynmoeder­s wat al in hierdie fles gevorm het! (Eintlik moet jy dit dadelik verwyder, want dié spulletjie gaan al jou asyn opdrink. Lees onder regs hoe jy een van hulle kan wen!) REGS BO ’n Fles met rooiwynasy­n. REGS Op die bord lê die dikker, oorspronkl­ike asynmoeder. In die hand is ’n nuwe dun asynmoeder wat boop gevorm het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa