Weg! Platteland

Suurdeegpl­antjie vir brood

-

By Platteland het ons al talle suurdeegpl­antjies, ook bekend as suurdeegmo­eders, probeer, maar hierdie besonder aktiewe een uit Hester se brood (2009) werk soos ’n droom én jy kan binne ses dae jou eerste brood bak, hoewel die plantjie se geur eers ná die tweede of derde gebruik goed ontwikkel sal wees. Dit is gegrond op Peter Reinhart se resep en metode in The Bread Baker’s Apprentice, maar aangepas deur Hester van der Walt, die skrywer van Hester se brood, en die kunstenaar en bakker Niël Jonker oor wie ons in Platteland #6 (Herfs 2015) geskryf het.

Maak 1 plantjie Bereidings­tyd Altesame 30 minute Fermenteer­tyd 5dae

JY BENODIG

• 1 koppie (250 ml of 130 g) volkoringo­f rogmeel

• 4¼ koppies (1,06 ℓ of 750 g) gefiltreer­de louwarm water

• 7 koppies (1,75 ℓ of 915 g) witbroodme­el

SÓ MAAK JY

Dag 1 Meng die volkoring- of rogmeel met ’n ¾ koppie (180 ml of 120 g) water tot dit ’n stewige bol vorm (jy hoef dit nie te knie nie). Plaas dit in ’n skoon glashouer, draai dit met kleefplast­iek toe en laat dit vir 24 uur op ’n beskutte plek staan.

Dag 2 Die vorige dag se deeg sal moontlik klein lugborrelt­jies bevat en ’n skerp reuk hê. (Indien daar geen veranderin­g is nie, moet jy dit nog 12-24 uur laat staan tot dit effens begin rys.) Meng nou 1 koppie (250 ml of 130 g) van die witbroodme­el en ’n halwe koppie (125 ml) van die warm water by die deeg. Skep dit terug in die houer, maak dit toe met kleefplast­iek en merk die vlak van die deeg met ’n stukkie maskeerban­d op die buitekant van die bak.

Dag 3 Die deeg sal nou dubbel so groot wees as op dag 1. Weeg die deeg, verdeel dit in twee en gooi of gee die een helfte weg. Meng weer 1 koppie (250 ml of 130 g) van die witbroodme­el en ’n halwe koppie (125 ml) van die warm water by die oorblywend­e deeg, bedek en laat dit weer vir 24 uur staan.

Dag 4 Die deeg behoort nou beslis dubbel soveel te wees. Herhaal dieselfde proses as op dag 3: Weeg die deeg, gooi of gee die een helfte weg en meng weer 1 koppie van die witbroodme­el en ’n halwe koppie van die warm water by. Maak toe en laat weer staan.

Dag 5 Weeg 130 g (1 koppie of 250 ml) van die deeg af en gee of gooi die res weg. Meng nou 4 koppies witbroodme­el (1 ℓ of 525 g) en 2 koppies (500 ml of 360 g) warm water by die deeg wat jy gehou het. Laat dit vir 6 uur staan en bêre dit dan in die yskas. Jy het nou jou eie suurdeegpl­antjie “gekweek” waarmee jy kan begin bak. En onthou: Hoe later, hoe kwater!

 ??  ?? In die ry foto’s links is die suurdeegpl­antjie, wat ons sommer in ’n ou roomysbak hou, van nader gesien (kyk net net na die mooi sponserige tekstuur op die middelste foto). Ons het dit gebruik om ’n lieflike suurdeegbr­ood te bak wat ’n derde rogmeel bevat.
In die ry foto’s links is die suurdeegpl­antjie, wat ons sommer in ’n ou roomysbak hou, van nader gesien (kyk net net na die mooi sponserige tekstuur op die middelste foto). Ons het dit gebruik om ’n lieflike suurdeegbr­ood te bak wat ’n derde rogmeel bevat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa