Weg! Platteland

’n Uilvriende­like tuin

-

Daar is 12 uilspesies in Suid-afrika waarvan slegs 2 bedreig is. Die gevlekte ooruil en nonnetjies­uil kom meer algemeen in tuine voor.

As jy meer uilvriende­lik wil tuinmaak, moet jy eerstens ophou gif gebruik in jou tuin, sê Danelle. “Daar is geen veilige gif op die mark nie. Selfs plaagdoder­s is ’n reusebedre­iging vir roofvoëls oor die algemeen. Uile en roofvoëls se dieet bestaan ook uit insekte en nie net groter prooi soos muise, rotte en ander voëls nie, en daarom word hulle regstreeks geraak deur die gebruik van plaagdoder­s in die tuin. Dit kan selfs tot hulle dood lei.”

As tuinier kan jy ook veilige broeiplek verseker deur ’n uilkas te op te rig. Die sentrum verkoop uilkaste van herwonne plastiek. (In Platteland #2 het ons lesers gewys hoe om self uilkaste te maak – vir gevlekte ooruile én vir nonnetjies­uile.) >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa