Weg! Platteland

Maak jou eie spekboom-en-wortelatja­r

-

Die inheemseve­ldkoskenne­r Loubie Rausch sê sy het oor die jare met verskillen­de resepte geëksperim­enteer en dit aangepas met inheemse veldkosse. “Dié resep is ’n aanpassing van ’n wortelpiek­elresep uit die ikoniese resepteboe­k Indian Delight, wat vele geslagte tuis- en profession­ele kokke geïnspiree­r het. Spekboom werk baie goed vir dié piekel omdat hulle heldergroe­n blare en die oranje van die wortel so mooi saam lyk, veral net nadat jy dit ingemaak het.” Die blare verloor wel van hulle kleur namate die piekel verouder.

JY BENODIG

• 2 kg wortels, in dun ringe gesny • 500 g spekboombl­aartjies

• 20 kerrieblar­e

• kookolie vir braai

Mengsel 1

• 2 eetlepels rissievlok­kies – gebruik meer

as jy van ’n byt hou

• 1 koppie (250 ml) sultanas

• 1 koppie (250 ml) wit sesamsaad

• 1 koppie (250 ml) fyn klapper

• 190 ml kookolie

Mengsel 2

• 1 eetlepel (15 ml) heel komynsaad

• 2 eetlepels (30 ml) sesamsaad

• 2 eetlepels (30 ml) swart mosterdsaa­d

Mengsel 3

• ¾ koppie (180 ml) mielieblom

• 2 koppies (500 ml) water

• 4 koppies (1 ℓ) witwynasyn

• 2 eetlepels (30 ml) sterk Engelse

mosterdpoe­ier

SÓ MAAK JY

Maak mengsel 1 Pols die rissie, sultanas, sesamsaad en klapper saam in ’n voedselver­werker sodat die sesamsaad en sultanas effens stukkend geslaan word. Verhit die olie in ’n kastrol wat groot genoeg is vir al die bestanddel­e van die resep en braai dan die sesamen-klappermen­gsel tot dit geurig en lekker neutagtig is.

Maak mengsel 2 Terwyl mengsel 1 afkoel, braai die komyn en sesam- en mosterdsaa­d in ’n droë pan tot dit ook geurig is. Voeg dié mengsel nou by mengsel 1.

Maak mengsel 3 Meng die mielieblom met genoeg water sodat dit ’n gladde smeer vorm. Roer dié smeer dan by die res van die water, voeg die asyn by en verhit die mengsel in ’n kastrol. Roer die heeltyd tot dit verdik. Laat dit effens afkoel voordat jy die mosterd byvoeg. Roer alles weer goed saam.

Gooi mengsel 3 nou by die ander mengsel, en roer dan die wortel en spekboombl­are by.

Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en temper die kerrieblar­e daarin tot dit geurig begin raak. Voeg dit by die gekombinee­rde mengsel en roer alles goed deur.

Lê die atjar in gesterilis­eerde flesse in. Druk die mengsel goed af sodat enige lug ontsnap en die vloeistof styg totdat dit die piekel in die fles bedek. Laat die piekel vir minstens twee weke staan voordat jy dit geniet.

Loubie is die eienaar van Making KOS, en haar groot liefde is om mense te leer kook met plaaslike inheemse veldplante van die Kaapse blommeryk . Bespreek gerus vir een van haar kookklasse. Making KOS

makingkos.blogspot.com

 ??  ??
 ??  ?? BO Loubie Rausch is ’n kenner van inheemse veldkos en deel graag haar kennis omdat sy glo almal moet gesond en bekostigba­ar kan eet.
BO Loubie Rausch is ’n kenner van inheemse veldkos en deel graag haar kennis omdat sy glo almal moet gesond en bekostigba­ar kan eet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa