Weg! Platteland

’n Oase vir vetplantli­efhebbers

’n Liefde vir vetplante het vir Corné Burger van die Noord-kaapse dorpie Kanoneilan­d ’n voltydse stokperdji­e én besigheid geword.

- FOTO’S JESS DE SMIDT

Wanneer het jy die idee vir jou besigheid, Woestynkin­d, gekry?

Soos elke jaar het ons in Augustus 2015 vir ons jaarlikse seevakansi­e na

Lientjiesk­lip by Langebaan gegaan. Sommer uit die bloute het ek besluit om ’n stuk oase in ’n houtkrat te druk met woestynros­ies daarin – dit was vir my pa, wat in 2013 oorlede is.

Min het ek geweet dat die vetplante in die oase só lank gaan hou én groei. Hulle vra so min. In die twee weke van ons vakansie het elkeen van my susters wat ook daar was, ’n houtkrat gekoop en vetplantji­es daarin geplant.

Ná die vakansie het ek elke nou en dan vetplante in ’n krat gerangskik, sommer vir my eie huis en as geskenke. Mense het dit op Facebook gesien en ek het al hoe meer versoeke gekry om van dié vetplantho­utkratte te maak. Woestynkin­d het einde 2017 werklik begin vlam vat.

Hoe het jy op die naam besluit?

Elke houtkrat, kruis, hart, krans of enige ander houer wat ek maak met hierdie vetplante in, voel soos my eie kinders. Ek het eenvoudig net gesê dit is my Woestynkin­ders.

Waarom het jy die besigheid begin?

Die kratjies is ’n mooi en ekonomiese geskenk. Die Woestynkin­ders hou veel langer as ’n bos blomme, want as jy dit versorg, kan jy dit uitplant en dit sal groei en vermeerder. Ek doen dit nie op groot skaal nie, want my voorraad plante laat dit nie toe nie. Ek het ook ’n vaste werk. Woestynkin­d is my stokperdji­e en groot liefde.

Wie help almal met die projek?

My suster Marize en haar man, Dawid, het dadelik aangebied om die houtkratte te maak. Hulle maak dit van laaibordho­ut (pallets), wat perfek werk. Hulle is kranige houtwerker­s en maak ook kruise, harte en vele ander items wat mense versoek. Marize het self vetplante aangeplant sodat sy my kan help as my voorraad min raak.

En dan het Surine Bezuidenho­ut, ’n juweel van ’n vrou, baie raad gegee en my aangemoedi­g.

Kweek julle julle eie vetplante of koop julle dit aan?

Aan die begin moes ek plante aankoop,

veral die woestynros­e en “vullers”. Maar gelukkig het Tinkie van Zyl van Upington oor my pad gekom: Sy het ’n ongeloofli­ke vetplanttu­in met ’n verskeiden­heid plante wat my stomgeslaa­n het. Dit het my net nóg meer geïnspiree­r. Boonop het sy vir my baie plantjies gegee wat ek weer by my geplant het. As ek kratjies maak, is daar baie min van die blare of stukkies plante wat ek nié gebruik nie. Maar ek gooi niks weg nie; ek het ’n deel onder skadunet waar ek alle afvalstukk­ies indruk of blare neergooi – en dit groei weer vanself. Só het ek nou al ’n goeie voorraad opgebou.

By die verkeersir­kel op Upington sit oom Kobus elke week in ’n rolstoel en verkoop ’n verstommen­de voorraad vetplante om die pot aan die kook te hou. Ek ondersteun hom gereeld.

Dit het my so twee jaar geneem om ’n stewige voorraad van 30 verskillen­de vetplantsp­esies op te bou waarmee ek kan werk.

Wenwenke as iemand self ’n vetplantra­ngskikking wil maak?

Ek hou daarvan om met oase te werk. Dit stel jou in staat om die plante maklik te rangskik. En moenie huiwer om enige vetplant te gebruik nie. Ek hou net nie van vetplante met dorings

nie. Spekboom is my groot redding, want dit maak enige gaatjie toe. Natuurlik rond ek die rangskikki­ngs af met mos of klapperhaa­r, wat dit ook mooi sag laat lyk.

Wat is die uitdagings om met vetplante te werk? En wat maak dit lekker?

In die winter sit die voëltjies my geweldig terug, want hulle vreet die woestynros­ies letterlik op. In die somermaand­e laat die erge hitte die plante effens verlep, en omdat dit dan so warm is, verkleur die vetplante nie mooi rooi nie. Dit is juis hulle wat so treffend is in die winterrang­skikkings.

Elke kratjie of item wat ek maak, verbaas my en ek staan elke keer verstom oor die skoonheid en eenvoud van vetplante. As ek so ’n vetplantkr­at maak, gee ek ’n stukkie van my hart daarmee saam en hoop regtig dat die persoon wat dit kry, mooi daarna sal kyk.

KONTAK Woestyn kind 083 535 4634 >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO Corné Burger gee saam met elke vetplantkr­at wat sy maak, ’n stukkie van haar hart saam, sê sy.
BO Corné Burger gee saam met elke vetplantkr­at wat sy maak, ’n stukkie van haar hart saam, sê sy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa