Weg! Platteland

Pienk plesier

Die soet, aardse geur en sterk kleur van beet maak dit ’n puik keuse vir dié heilsame dog geurige herfsslaai.

-

Slaai met gerookte beet en jogurt

Dié heerlike, fieterjasi­elose slaai het ons in Harrods se slaaitoonb­ank raakgeloop terwyl ons onlangs in Londen gekuier het. Die olywe is opsioneel.

Genoeg vir 4-5 Bereidings­tyd 5 minute

JY BENODIG

• 1 pakkie (300 g) Ina Paarman se Geroosterd­e Beet, middeldeur gesny – hou ¼ koppie (60 ml) van die marinade

• 1 koppie (250 ml) volvetgrie­kse jogurt

• 1 klein rooiui, in dun halwe

ringe gesny

• ½ teelepel (2,5 ml) Ina Paarman se Groenuiege­urmiddel

• 1 wiel feta, grofgekrum­mel • ¼ koppie (60 ml) ontpitte

groenolywe (opsioneel)

• vars roketblare

SÓ MAAK JY

Meng die beetmarina­de wat jy uitgehou het, met die jogurt en smeer dit oor ’n bord met ’n randjie. Pak die beetstukke bo-op. Geur die ui liggies met Groenuiege­urmiddel en sprinkel dit oor die beet, gevolg deur die fetastukki­es. Voeg groenolywe by (indien jy dit gebruik) en rond die slaai af met roketblare.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa