Weg! Platteland

Goed, beter, beef

Vergeet ’n slag van die “hardnekkig­e vlekke” of die “bloeiery op jou bord”: Met ons 9 resepte en ’n besending herfsvars beet in jou kombuis sal jy in elke happie die skoon, soet aarde kan proe.

- RESEPTE EN STILERING BERNICE TROOST FOTO’S MYBURGH DU PLESSIS KOSASSISTE­NT HETTA VAN DER MERWE

Daar is ’n rede waarom jy in haas elke kookboek minstens een beetresep teëkom: Dié herfsgroen­tesoort is propvol smaak, geur en voedingsto­wwe – gaar óf rou – en in die yskas kan jy dit vir tot drie maande hou en op verskillen­de maniere bewaar om later te geniet.

As jy kan, kies altyd kleiner bete van naastenby dieselfde grootte en moenie die blare weggooi nie – jy kan dit in die plek van slaaiblare gebruik en selfs spinasie daarmee vervang. Hou ook altyd ’n stukkie van die stingel en die wortel aan as jy dit kook of rooster – dit sal help keer dat die beet “bloei”.

Die algemeenst­e gaarmaakme­todes is om beet te kook of in die oond te bak – onthou om die skil af te trek terwyl dit nog effens warm is omdat dit dan veel makliker afkom.

My gunsteling is vars beetsap: Verpulp eenvoudig vars beet saam met lemoene, wortels, vars gemmer en ’n appel. Makliker en smaakliker en gesonder kan dit nie! >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa