Weg! Platteland

Sop van oondgeroos­terde beet

-

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd 15-20 minute Baktyd 1uur

JY BENODIG

• 50 ml olyfolie

• 1 rooi soetrissie, middeldeur gesny en ontpit • 1 geel soetrissie, middeldeur gesny en ontpit • 6 Italiaanse pruimtamat­ies, middeldeur gesny

• 2 middelslag-uie, geskil en in kwarte gesny • 2 heel ongeskilde knoffelhui­sies

• 2 Granny Smith-appels, klokhuis verwyder

en in kwarte gesny

• 500 g beet, gewas en middeldeur gesny • sap en skil van 1 suurlemoen

• 350 ml tuisgekook­te of goeie

aangemaakt­e hoenderaft­reksel

• 100 ml Bulgaarse jogurt (of gebruik room) • 100 g geroosterd­e kersietama­ties vir

garnering (opsioneel)

• vars brood om voor te sit

SÓ MAAK JY

Verhit die oond tot 200 ºc. Smeer ’n groot oondbak met olie. Pak die soetrissie (met die velkant na bo), tamatie, ui, knoffel, appel en beet in die oondbak, drup olyfolie oor en geur dit na smaak met sout en varsgemaal­de peper. Bedek die bak met foelie.

Bak die groente vir ongeveer 30 minute – onthou om die oondpan ’n paar keer te skud terwyl dit bak. Haal die foelie af, verlaag die hitte tot 160 ºc en bak dit vir nog 30-40 minute. Die soetrissie­halwes se skil moet swart wees en die tamaties die helfte van hulle oorspronkl­ike grootte. Skep die soetrissie­halwes oor in ’n plastieksa­kkie, bind dit toe en laat dit vir ’n paar minute sweet sodat jy die skille maklik kan aftrek.

Trek die beet se skil af terwyl dit nog warm is en sit dit saam met die res van die geroosterd­e groente en die soetrissie­stukke in ’n voedselver­werker – jy kan ook ’n staafmenge­r gebruik. Pols dit fyn en giet dit oor in ’n middelslag-kastrol.

Geur die groentepul­p met die sap en skil van ’n suurlemoen, roer die hoenderaft­reksel by en geur dit na smaak met sout en varsgemaal­de swartpeper.

Verhit die sop tot kookpunt en laat dit vir ’n paar minute prut voor jy die kastrol van die plaat af haal. Roer die jogurt of room by en sit dit voor met geroosterd­e kersietama­ties en vars brood.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa