Weg! Platteland

Beet-en-mieliekoek­ies

-

Werk versigtig, want rou beet is moeiliker om te rasper as wanneer dit gaar is. Jy kan dit ook in ’n voedselver­werker fynkap.

Maak 20 koekies (genoeg vir 4-6) Bereidings­tyd 10-15 minute Baktyd 10-15 minute

JY BENODIG

• 150 g beet (omtrent 2), geskil en gerasper • 150 g wortel (omtrent 2), geskil en

gerasper

• 1 gaar mielie, pitte van die stronk afgesny • 2 sprietuie, fyngekap

• 1 klein rooiui, fyngekap (opsioneel)

• 2 teelepels (10 ml) fyngekapte vars dille

• 4 teelepels (20 ml) vars koljanderb­lare, gekap

• ½ koppie (125 ml) bruismeel

• 1 mespunt bakpoeier

• ½ teelepel (2,5 ml) sout

• 3 ekstragroo­t eiers, geklits

• 100 g fetakaas, gekrummel

• olie vir vlakbraai

• tzatziki en groen mikrokruie van jou

keuse om voor te sit (opsioneel)

SÓ MAAK JY

Meng die beet, wortel, mieliepitt­e, sprietui, rooiui, dille en koljanderb­lare.

Sif die meel, bakpoeier en sout saam en roer dit by die groente. Roer die eier en fetakaas by en geur dit na smaak met ekstra sout en varsgemaal­de swartpeper.

Verhit die olie en braai lepels vol van die beslag in die warm olie. Braai die koekies tot dit alkant goudbruin is en laat dit op kombuispap­ier dreineer. Sit die koekies voor met tzatziki en garneer dit met mikrokruie. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa