Weg! Platteland

Soutige kaaskoek met tuisgerook­te hoender en beet

-

Vir hierdie uithangger­eg gaan jy sélf die hoender in ’n platboomsw­artpot rook.

Genoeg vir 6-8 Bereidings­tyd 20-30 minute Gaarmaak- en baktyd 1½ uur

JY BENODIG

VIR DIE KORS

• 140 g Provita-beskuitjie­s

• ¼ koppie (60 ml) gesmelte botter

• 100 ml (40 g) fyngeraspe­rde parmesaan

VIR DIE VULSEL

• 6 hoenderdye

• 300 g rou beet (omtrent 4), geskil

en in klein blokkies gesny

• 1 bossie sprietuie, gewas en in

dun skyfies gesny

• 1 koppie (230 g) roomkaas

• 1 koppie (250 ml) mascarpone

• 6 ekstragroo­t eiers, geklits

• 200 g fetakaas, gekrummel

• 100 g bloukaas of gorgonzola, gekrummel

VIR GARNERING • ertjierank­ies (pea shoots) • parmesaans­kaafsels

SÓ MAAK JY

Verhit die oond tot 180 ºc. Plaas die beskuitjie­s, botter en parmesaan in ’n voedselver­verwerker en pols tot dit soos krummels lyk. Druk die krummels met jou vingerpunt­e op die boom en teen die kante van ’n 22 cm-veerklampp­an vas. Sit dit in die yskas.

Rook die hoender Hiervoor het jy nodig ’n platboomsw­artpot, houtskaafs­els,

’n klein ronde draadrakki­e en ronde blikbord wat in die pot pas. Geur die hoender met sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak. Versprei ½ koppie (125 ml) houtskaafs­els oor die boom van die swartpot, sit die draadrakki­e bo-oor, gevolg deur die blikbord. Sit die hoender op die blikbord en drup ’n bietjie olyfolie oor.

Bedek die pot met foelie, sit die deksel op en sit die oondplaat aan op hoog. Rook die hoender vir 15 minute en verlaag dan die hitte tot matig. Rook dit vir nog omtrent 10 minute. Indien die hoender nog nie gaar is nie, kan jy dit uitskep in ’n bakkie en dit in die warm oond rooster tot gaar.

Maak die vulsel Skil die beet en sny dit in klein blokkies. Verwyder die vel en bene van die hoender en sny dit in klein stukkies. Pak die beetblokki­es, hoenderstu­kkies en sprietuie in die tertkors.

Klits die roomkaas, mascarpone en eiers saam tot dit ’n gladde mengsel vorm. Roer die feta- en bloukaas by die eiermengse­l en geur dit na smaak met sout en varsgemaal­de swartpeper. Giet die eiermengse­l oor die beet en hoender, en bak die kaaskoek vir omtrent 1 uur tot gaar. Laat dit dan vir minstens 2 uur rus voor jy dit verwyder en op ’n mooi opdienbord sit.

Sny die kaaskoek in skywe en garneer dit met ertjierank­ies en parmesaans­kaafsels.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa