Weg! Platteland

Beetrollad­e

-

Dié resep – ’n kruising tussen ’n soufflé en ’n rolkoek – word gemaak van ’n dik witsous waarby eiers geroer word.

Genoeg vir 4-6 Bereidings­tyd 20 minute Baktyd 20-25 minute

JY BENODIG

VIR DIE VULSEL

• 100 ml sagte roomkaas

• ¼ koppie (60 ml) fyngekapte vars

pietersiel­ie

• 100 ml vars beetblare, fyngekap

(of gebruik spinasie)

• sap en skil van 1 suurlemoen • vars koljanderb­lare vir garnering

(opsioneel)

VIR DIE ROLLADE

• 100 g (100 ml) botter

• ½ koppie (125 ml) koekmeel

• ½ teelepel (2,5 ml) sout

• 2 koppies (500 ml) melk

• 4 ekstragroo­t eiers, geskei

• koppie (160 ml) verpulpte gaar beet

SÓ MAAK JY

Verhit die oond to 180 ºc. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en spuit dit met kleefweren­de kossproei of smeer dit met olie.

Maak die vulsel Meng al die bestanddel­e deeglik saam en hou dit eenkant.

Maak die rollade Verhit die botter in ’n middelslag­kastrol en roer die meel by. Geur dit met die sout en roer dit vir ’n minuut. Roer die melk geleidelik by en klits dit deurentyd tot ’n gladde mengsel. Geur die witsous en laat dit afkoel.

Roer die eiergele by die afgekoelde witsous. Klits die eierwitte styf en vou dit ook in. Roer laastens die verpulpte beet by, giet dit in die voorbereid­e bakplaat en bak dit vir 1520 minute of tot dit gaar is.

Bedek intussen ’n groot afkoelrak met ’n groot, skoon vadoek. Laat staan die rollade vir 5 minute in die pan en keer dit dan uit op die vadoek en afkoelrak. Verwyder die bakpapier en gebruik dan die punte van die vadoek om die rollade styf op te rol (jy rol nie die vadoek in die rollade op nie – jy gebruik die vadoek net om die rolwerk te vergemakli­k en te keer die rollade skeur. Laat staan die rollade opgerol tot dit heeltemal afgekoel het, rol dit weer oop, smeer die vulsel booor en rol dit dan weer op. Sny die rollade in skywe en garneer dit met koljanderb­lare.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa