Weg! Platteland

Beetmarmel­adekoek

-

Sit dié voorgereg voor met ’n bitter slaaitjie – gebruik blare soos roket en mosterd.

Genoeg vir 4-6 Bereidings­tyd 20-30 minute Baktyd 30-40 minute

JY BENODIG

VIR DIE BEETMARMEL­ADE

• 2 koppies (350 g) beet, geskil en

in blokkies gesny

• 1 koppie (250 ml) suiker

• sap en skil van 1 suurlemoen

• 2 eetlepels (30 ml) marmelade • sap en skil van 1 lemoen

• 4 teelepels (20 ml) fyngeraspe­rde vars gemmer

• ¼ koppie (60 ml) botter

VIR DIE KOEK

• koppie (80 ml) sagte botter

• 200 ml suiker

• 2 ekstragroo­t eiers

• 1¾ koppie (430 ml) koekmeel

• 2 teelepels (10 ml) bakpoeier

• ½ teelepel (2,5 ml) sout

• ½ koppie (125 ml) melk

• 1 eetlepel (15 ml) versiersui­ker

• 1 koppie (250 ml) vanieljege­ur jogurt

SÓ MAAK JY

Verhit die oond tot 180 ºc. Smeer ’n 20 cmveerklam­ppan, voer die boom uit met bakpapier en spuit dit met kleefweren­de kossproei.

Maak die marmelade Gooi al die bestanddel­e in ’n kastrol en verhit dit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat dit vir omtrent 30 minute prut tot dik. Haal die kastrol van die plaat af en hou dit eenkant.

Maak die koek Room die botter en suiker vir omtrent 10 minute. Klits die eiers in ’n aparte bak tot dit lig en donsig is en roer dit bietjiesbi­etjies by die bottermeng­sel.

Sif die meel, bakpoeier en sout in

’n derde bak saam en roer die mengsel om die beurt met die melk by die bottermeng­sel – eindig met die meelmengse­l.

Skep die koekbeslag in die voorbereid­e pan, skep die beetmarmel­ade boop en roer dit liggies deur die beslag. Bak dit vir omtrent 25 minute tot die koek deurgaar is.

Laat dit vir ’n paar minute in die koekpan afkoel voor jy dit op ’n draadrakki­e uitkeer om heeltemal af te koel. Sif versiersui­ker booor en sit dit voor met jogurt. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa