Weg! Platteland

Beetpiekel

-

Sorg dat daar altyd van hierdie soetsuur beetpiekel in jou yskas is – dis ’n heerlike bykos by ’n gewone of wildsburge­r.

Maak 1 groot of 2 kleiner flesse Bereidings­tyd 10-15 minute Gaarmaakty­d 15-20 minute

JY BENODIG

• ¼ koppie (60 ml) olyfolie

• 1 kg rooiuie, geskil en in skywe gesny

• 3 heel koffelhuis­ies, geskil en grofgekap • 1 rooi brandrissi­e, in lang repe gesny

• 1 rooi soetrissie, in dun repe gesny

• 1 kg beet, geskil en gerasper of in skywe gesny

• 150 ml witwynasyn

• 300 ml sagte bruinsuike­r

• 2 ml varsgemaal­de swartpeper

• 2 lourier- of suurlemoen­blare

• skil van 1 suurlemoen

SÓ MAAK JY

Verhit die olie in ’n kastol en braai die ui, knoffel, brandrissi­e en soetrissie vir ’n paar minute oor lae hitte.

Roer die beet, asyn en bruinsuike­r by. Geur die mengsel met sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak en verhit dit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat dit vir ongeveer 10 minute prut.

Haal die kastrol van die plaat af en skep die beet in gesterilis­eerde flesse. Druk die lourierbla­re en suurlemoen­skil daarin. Laat dit afkoel, draai die flesse styf toe en hou dit in die yskas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa