Weg! Platteland

Ingemaakte beet

-

Jou eie beet smaak darem net beter as dié wat jy in enige pakkie of flessie op ’n winkelrak sal raakloop.

Maak 1 groot of 2 kleiner flesse Bereidings­tyd 10-15 minute Gaarmaakty­d 30-40 minute

JY BENODIG

• 1 kg jong bete met die wortel

en ’n deel van die stingel

• 2 koppies (500 ml) goeie witasyn • 1 koppie (250 ml) witsuiker

• 1 steranys

• 1 teelepel (5 ml) heel peperkorre­ls

SÓ MAAK JY

Kook die jong bete tot net-net sag. Laat dit effens afkoel voor jy die skil, wortel en stingel verwyder. Jy kan nou besluit of jy dit wil heel hou, middeldeur of in dun skywe wil sny, of rasper. Skep die gaar beet in ’n gesterilis­eerde fles.

Verhit intussen die asyn, suiker, steranys en peperkorre­ls tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat dit vir 5 minute prut. Giet die warm sous oor die beet en verseël die bottels dadelik. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa