Weg! Platteland

Malvablaar­sorbet

-

Stop ’n slag en ruik die malvablare! Dié resep van Rosemary Nel verskyn in Rotary Recipes, wat deur die Rotariërkl­ub van Ooslonden uitgegee is.

Genoeg vir 4

Bereidings­tyd omtrent 40 minute Vriestyd omtrent 2 uur

JY BENODIG

• 12 gegeurde malvablare – gebruik roos-,

suurlemoen-, appel- of neutmuskaa­t • 300 ml water

• 75 g strooisuik­er

• sap van1 groot suurlemoen

• 1 eierwit

• malvablaar­tjies en -blommetjie­s vir

garnering (opsioneel)

SÓ MAAK JY

Was die malvablare en skud dit droog. Gooi die water en suiker in ’n kastrollet­jie en verhit dit stadig tot die suiker opgelos het. Voeg die malvablare by en verhit dit tot kookpunt. Haal die kastrol van die plaat af en laat dit vir 20 minute trek met die deksel op. Proe – as die geur te flou is, kook dit weer en laat dit vir nog 10 minute of langer trek.

Giet die stroop deur ’n sif in ’n stewige 1 ℓhouer, voeg die suurlemoen­sap by en laat dit afkoel. Vries die mengsel tot dit halfbevror­e is (4560 minute). Klits die eierwit styf en vou dit by die mengsel in.

Vries tot dit ferm is (omtrent 1 uur). Sit dit voor in glase en versier elke glas met ’n malvablaar en blommetjie as jy wil. > wenk Plaas ’n paar blare onderin die pan as jy koek bak, of geur tuisgemaak­te vla of drankies daarmee.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa