Weg! Platteland

Parmesaan-braaiaarta­ppels

-

Mariëtte van der Westhuizen se resep verskyn in Resepte van die suidpunt van Afrika, wat in 1997 deur die Laerskool Bredasdorp uitgegee is.

Genoeg vir 8-10 Bereidings­tyd 10-15 minute Gaarmaakty­d 1½ uur

JY BENODIG

• 24 middelslag-aartappels met

die skil

• 40 g parmesaank­aas, gerasper • 50 ml fyngekapte pietersiel­ie • 100 ml olie

SÓ MAAK JY

Sit die aartappels in ’n groot kastrol, bedek dit met water en kook dit tot net-net sag. Gooi die water af en trek die skille af sodra die aartappels koud genoeg is om te hanteer. Verhit die oond tot 180 ºc.

Skraap die aartappels met ’n vurk en sit hulle een-een in ’n plastieksa­k met die kaas en pietersiel­ie. Skud dit om die aartappels oraloor te bedek en pak dit in ’n oondpan. Sprinkel die olie en sout na smaak oor. Oondbraai dit vir 60 minute of langer en draai dit gereeld om. Pak die aartappels om die boud.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa