Weg! Platteland

Skaapboud in ’n pasteikors

-

Gemeenskap­sreseptebo­ekies fokus gewoonlik op vinnige, maklike en ekonomiese vleisgereg­te, maar vir spesiale dae en Sondagetes word die “onthou jy nog”-resepte uitgehaal. Soms kry die herinnerin­gskos ’n nuwe baadjie, soos dié skaapboud wat toegewikke­l word in ’n traliewerk van deeg.

Genoeg vir 8-10

Bereidings­tyd omtrent 30 minute Gaarmaakty­d omtrent 4 uur

JY BENODIG

VIR DIE SKAAPBOUD

• 1 ontbeende skaapboud van 2-2,5 kg • 1 knoffelhui­sie, fyngedruk

• 1 teelepel (5 ml) worcesters­ous

• 1 eetlepel (15 ml) bruinsuike­r

• 2 heel naeltjies

• vars of droë tiemieblaa­rtjies na smaak • 2 uie, in ringe gesny

• 1½ koppies (375 ml) vleisaftre­ksel

VIR DIE PASTEIKORS

• 2 rolle (200 g elk) blaardeeg, ontdooi • heel naeltjies

• 1 eiergeel

• 2 eetlepels (30 ml) melk

SÓ MAAK JY

Verhit die oond tot 180 ºc. Sit die boud in ’n oondpan, geur dit met sout en varsgemaal­de swartpeper en voeg die res van die bestanddel­e by. Bedek die pan met swaar aluminiumf­oelie en bak die boud vir 2-3 uur. Haal die foelie af en bak dit vir nog 30 minute. Laat die boud op ’n draadrak dreineer en afkoel. Hou die pansappe om ’n sous te maak. Verhoog die oondtemper­atuur tot 200 ºc. Rol een deegrol effens dunner uit op ’n werkopperv­lak wat met meel bestrooi is. Vou die deeg versigtig om die gafgekoeld­e gaar boud en verf die rande met water om die deeg te verseël. Sit die toegevoude boud met die naat na onder op ’n gesmeerde bakplaat of oondpan.

Rol die ander deegrol uit, sny dit in lang repe en vleg ’n traliepane­el oor die toegevoude boud. Verf die deegrepe met water om dit te heg.

Druk ’n heel naeltjie in elke kruising. Klits die eiergeel en melk met ’n vurk saam en verf dit oor die deeg. Bak dit vir 40–60 minute tot goudbruin. Verdik die vleissous en sit dit apart voor saam met die parmesaana­artappels.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa