Weg! Platteland

Pampoenpof­fers met muskadelso­us

-

Hannerie Visser, ’n medekookbo­ekentoesia­s, het dié resep gekies uit Bak & brou van toeka tot nou wat deur die NG kerk Klawer uitgegee is. Sy sê dié bladsy is die vuilste van al die blaaie – ’n bewys van al die kere dat haar ma die resep gemaak het.

Genoeg vir 6-8 Bereidings­tyd 5 minute Gaarmaakty­d 20-30 minute

JY BENODIG

VIR DIE POFFERTJIE­S

• 2 koppies (500 ml) fyngemaakt­e gaar pampoen • 1½ koppies (375 ml) koekmeel

• 3 eetlepels (45 ml)

bakpoeier

• 2 eiers

• 1½ teelepel (7,5 ml) sout • olie vir diepbraai

VIR DIE SOUS

• 200 g suiker

• 1 koppie (250 ml) water

• 2 teelepels (10 ml) fyn

kaneel

• 1 eetlepel (15 ml)

mielieblom

• 2 koppies (500 ml) muskadel, afgekook tot 250 ml – laat dit heeltemal afkoel

SÓ MAAK JY

Maak die poffers Meng die pampoen, meel, bakpoeier, eiers en sout saam. Verhit die olie in ’n pan, skep lepels vol van die beslag in die warm olie en braai dit mooi goudbruin en gaar.

Maak die sous Meng die suiker, water en kaneel en laat dit oor matige hitte kook tot die suiker opgelos is en die sous stroperig raak; laat dit vir 2 minute afkoel. Maak die mielieblom aan met die muskadel, gooi dit by die kaneelstro­op en prut dit tot die sous verdik. Gooi die warm sous oor die poffers. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa