Weg! Platteland

Blitztorte (Aarbeie in die wolke)

-

Die naam van hierdie maklike koek met sy sponskoekb­asis en meringuebo­laag verskil van boekie tot boekie: blitzkoek, blitzkuche­n, blitztorte, selfs weerligkoe­k. Dit word tradisione­el met bakkersvla gevul, óf noem dit “Aarbeie in die wolke” as jy dit met vars aarbeie en versoete geklopte room versier.

Maak 1 laagkoek (22 cm) Bereidings­tyd omtrent 15 minute Baking time 30 minute plus afkoeltyd

JY BENODIG

• 25 g botter

• 250 g suiker

• 3 eiers, geskei

• 1 teelepel (5 ml) vanieljege­ursel

• 3 eetlepels (45 ml) melk

• 120 g koekmeel

• 1 ml sout

• 1 teelepel (5 ml) bakpoeier

• ½ koppie (125 ml) amandelvlo­kkies of

gekapte okkerneute

• 1 eetlepel (15 ml) strooisuik­er

• ½ teelepel (2,5 ml) fyn kaneel • bakkersvla (resep hieronder) of styfgeklit­ste versoete room vir die vulsel en bolaag

• ’n bakkie aarbeie, in skyfies gesny

SÓ MAAK JY

Verhit die oond tot 180 ºc en smeer twee 22 cm-koekpanne.

Room die botter en ½ koppie (125 ml) van die suiker saam. Klits die eiergele, vanielje en melk apart saam. Sif die meel, sout en bakpoeier in ’n derde bak saam.

Meng die eier- en meelmengse­l om die beurt by die botter-en-suikermeng­sel. Verdeel die beslag tussen die voorbereid­e koekpanne – dit sal ’n baie dun lagie wees.

Klits die eierwitte tot skuimerig, voeg die res van die suiker lepel vir lepel by en klits dit goed ná elke byvoeging. Klits tot die meringue blink en glad is en sagte punte vorm. Smeer die meringue oor die koekbeslag in die panne. Sprinkel die neute oor. Meng die strooisuik­er en kaneel en strooi dit bo-oor.

Bak die koeke vir ongeveer 30 minute tot ligbruin. Sit die panne op afkoelrakk­e en laat die koek vir 15 minute in die panne afkoel. Sny die kante los met ’n mes en lig dit versigtig uit die panne. Sit dit op afkoelrakk­e en laat die koeke heeltemal afkoel.

Net voor jy dit wil voorsit: Sit een van die koeklae met die meringueka­nt na bo op ’n koekbord. Smeer die geklitste room en aarbeie (of bakkersvla) oor en sit die tweede koeklaag bo-op.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa