Weg! Platteland

Bakkersvla

-

JY BENODIG

• 285 ml melk

• 2 eiergele

• 30 g suiker

• 40 ml mielieblom

• ½ teelepel (2,5 ml) vanieljege­ursel

SÓ MAAK JY

Gooi die melk in ’n kastrol en verhit dit tot kookpunt.

Klits die eiergele, suiker en mielieblom in ’n mengbak. Verhit die melk weer tot kookpunt en giet dit oor die eiermengse­l. Giet die mengsel terug in die kastrol en roer dit oor matige hitte tot die mengsel weer begin kook. Laat dit vir 1 minuut liggies prut tot die vla verdik. Roer die vanielje by.

Bedek die vla met kleefplast­iek en sit dit eenkant om af te koel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa