Weg! Platteland

Koop die boek

-

Saam – ’n Eeu van Suid-afrikaanse gemeenskap­sresepte deur Errieda du Toit is ’n tongin-die-kies hardebandb­oek met ’n groot verskeiden­heid resepte wat net so ruimhartig, gasvry en vol warmte is soos die huiskokke wat dit oorspronkl­ik gedeel het. Vir dié Suid-afrikaanse eerste het Errieda haar verdiep in 150 boekies met omkrulblaa­ie vol kosvlekke wat die afgelope 100 jaar deur vrouegroep­e, skole, klubs en kerke uitgegee is om geld in te samel vir ’n goeie doel. Maklike, flatervrye en liplek-lekker kos is gewaarborg met dié treffers wat wissel van die aanhouers (die langasem-resepte wat bly oorleef ), die flatervrye­s (epiese staatmaker­s) en kos vir oor-en weer-kuiers tot retro gunsteling­e wat ons as erfeniskos koester. Dit word uitgegee deur Struik Lifestyle en kos R360 by boekwinkel­s landwyd.

Wen

Ons gee twee eksemplare weg van Saam. Stuur ’n e-pos met jou naam, straatadre­s en telefoonno­mmer na helloplatt­eland@gmail.com met die woorde “Herfs Saam” in die onderwerpl­yn. Die sluitingsd­atum is 29 Mei 2020.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa