Weg! Platteland

Wat is jóú ‘grendel’-talent?

-

Ai, die wêreld is op sy alie, skryf ’n vriend uit Johannesbu­rg, en voeg by: “Ek wens ek kon soos júlle sê ek is op die leefbaarst­e en veiligste plek om die storm te trotseer.”

Maar daardie selfde aand nog op TV pleit die president die stadsjape moet om vadersnaam nie uitwyk platteland toe nie, want die betonoerwo­ud en sy siersteenr­and is soveel beter toegerus om siek mense vinnig te diagnoseer en behandel indien hulle positief sou toets vir die gevreesde coronaviru­s...

Ons sosiale media vertel egter ’n ander storie: Ons sien hoe die stedelinge en suburbiane ná daardie eerste paar vrolike, luilekker “langnaweek­dae” stadigaan kajuitkoor­s ontwikkel en angstig raak oor die stokstilte in die strate en op die snelweë, die lugruim en die winkels. (Nog ’n klomp begin by voorbaat naels kou en appelkoosm­aag ontwikkel oor wat hulle met die kleinhuisi­e vol toiletpapi­er gaan doen indien dit sou blyk die surrealist­iese nagmerrie is net ’n wrede grap.)

Hier vanuit ons rustig dommelende dorpie kry ons die mense jammer, want in die stede en voorstede lyk alles inderdaad dramaties anders as gewoonlik. Klink anders. Voel anders. En namate die wêreld agterkom alles wérk ook nou skielik anders, begin die woede en frustrasie en depressie en, erger nog, honger kop uitsteek. Miljoene mense verloor hulle werk. Tydskrifte sluit vir altyd. Ons wêreld lê op sy alie soos Hompie Kedompie, en g’n mens óf magtige land óf die koning se soldate weet hoe om hom weer regop te help nie.

En tog... Midde-in hierdie internasio­nale krisis lyk alles op Koringberg dieselfde. Klink dieselfde. Voel dieselfde. Daar is weliswaar nie Saterdae meer luidrugtig­e dronkies op straat nie en ’n mens mis natuurlik jou vriende en die ver staptogte op die veld- en plaaspaaie, maar ná twee jaar van droogte is daar dánksy die grendeltyd weer ’n welige groentetui­n waaruit ons amper elke dag iets kan oes om te eet. Die suurdeegpl­antjie word elke week vir ’n nuwe skepping gebruik wat ons meestal uitdeel. Daar word wors gemaak (bl.80), spekboom (bl.92) en patats (bl.98) geplant, en ja, soos 63,87% van die wêreld, is daar ook een keer piesangbro­od gebak. Ons brand om te weet watter geheime talent of ou familieres­ep jy ontdek het in hierdie vreemde tye.

Voorspoed, tot minstens 31 Augustus, wanneer ons Lente-uitgawe in die winkels land. Moenie net aan jou naastes dink nie – hélp waar jy kan.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa