Weg! Platteland

‘Gin’ minus die alkohol

-

Geharde apostels van die Mother’s Ruin-kultus sal sê ’n mens kry g’n so ’n ding soos alkoholvry­e jenewer nie, maar Vermont bemark sy 200 mlbotteltj­ies Bloom en Limon eerder as Suid-afrika se eerste nie-alkoholies­e “premium distilled botanicals”. Tog stel hulle op die verpakking voor jy geniet ’n 25 ml-sopie, nes die ware Jakob, saam met tonikum en ys – en, soos deesdae die mode is, na hartelus gegarneer.

Ons dink dit is ’n gawe opsie vir mense wat nie alkohol wil of mag gebruik nie, al kos dit ’n stewige R299 per bottel wat 8 sopies bevat.

Dié breinkind van Theresa en Stof Mouton van die Overbergse kusdorp Vermont boer behoorlik vooruit: Hulle produkte word reeds na Australië en die Seychelle-eilande uitgevoer; Europa en die Midde-ooste volg binnekort; en sedert Oktober 2019 vervaardig hulle ook 330 ml-botteltjie­s Virgin Mojito en Virgin Lavender Cosmo wat jy dadelik kan drink (albei kos R960 vir 24 met gratis aflewering in Suid-afrika op die

webwerf ).

KONTAK

Vermont Vergin SA @vergin_sa sales@ verginsa.co.za verginsa.co.za

Ons kon nie dié boksie Secco Drink Infusion in die geur Raspberry Rose Hibiscus weerstaan nie. Elke boksie bevat 8 sakkies (van 2,8 g elk) met ’n geurige mengsel van vriesdroog­vrugte en speserye waarmee jy in ’n ommesientj­ie kleur én geur aan ’n G&T, skemerkelk­ie of koeldrank kan verleen.

Die geur wat Platteland gekoop het (foto hiernaas), bevat 45% vriesdroog­frambose, 32% droë Hibiscus sabdariffa­blomme en 23% droë rose waarby geen kleur of geurmiddel­s gevoeg is nie. Die drie ander geure is Ginger Lime (droë gemmer en lemmetjie plus kaneel), Pepper Berry (droë aarbeie en bloubessie­s met swart en pienkpeper­korrels) en Spiced Pomegranat­e (steranys, gedroogde granaatpit­te, kardemom en droë skoenlappe­rertjieblo­mme).

Dié geurgoed is die skepping van die Kaapse voedselwet­enskaplike en produkontw­ikkelaar Wessel Pieterse en word vervaardig deur sy maatskappy, Tastelab. Dit is te kry by takke van Liquor City, Bar Keeper en Tops! at Spar, of bestel dit aanlyn by

yuppiechef of takealot.com

KONTAK

tastelab.co.za Secco – Drink Infusion secco_infusion wessel@ab.co.za 083 655 5298

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa