Weg! Platteland

In ’n neutedo(r)p

-

Hoe ver van die grootstad af?

Mbombela (20 km), Pretoria (330 km), Johannesbu­rg (360 km)

Naaste hospitale

Die Kiaat- private hospitaal, 10 km buite Witrivier op die pad Nelspruit toe, en die Rob Ferreirapr­ovinsiale hospitaal in Nelspruit. Witrivier. Mbombela-munisipali­teit. Die Casterbrid­ge Lifestyle Centre dien as ’n venue vir die Innibos-kunstefees, maar ook vir dokumentêr­e en fliekfeest­e, boekbekend­stellings, komediever­tonings en kunstentoo­nstellings. innibos.co.za 013 741 5294

Naaste Woolies Munisipali­teit Groot gedoentes

Dans-en-fiksheidsi­nstrukteur, en finansiële raadgewer

Tash is omtrent bruisend van energie. Sy is ’n fiksheids-en-dansinstru­kteur wat saam met haar vriendin Kerri Dunshea aan die stuur is van Secret Sunrise Lowveld, ’n maandeliks­e geleenthei­d waar mense dans, strek, mediteer en in die natuur uitreik na mekaar. Tash en Kerri fasiliteer uur lange sessies met koordlose oorfone – dus kan hulle ook op stil en rustige plekke baljaar sonder om enigiemand te steur.

Tash het in Pretoria en Johannesbu­rg gewoon voor sy ses jaar gelede die skuif gemaak het Witrivier toe. Sy en haar man, Philip, het ’n huis aan die Longmereda­m. Sy is ’n deeltydse finansiële raadgewer by die Nasionale Tesourie. “Ek het uit my werk by die Ontwikkeli­ngsbank van Suider-afrika bedank om hierheen te kom. Kwaliteit tel meer as kwantiteit,” sê sy en lag vir die geplas langs haar. Dis Sparkie, haar weimaraner, wat ’n vis probeer vang in die dam.

Sy sê Witrivier het ’n lewendige gemeenskap, maar om dinge te reël kan ’n uitdaging wees. “Ons het ’n fantasties­e lewensgeha­lte en word omring deur die natuur. Maar juis daarom gaan mense nie graag uit nie. Hulle ontlaai eerder nader aan die huis.”

Tash ontspan graag in die natuur en is gek oor die somer. “Ons word omring deur damme en woude, en ek kan met my honde gaan stap sónder leibande.”

 ??  ?? Nick en Nicole Nyalungu (en hulle gemmerkat, Moon) met van die sakke in hulle Nick & Nichol’s-reeks.
Nick en Nicole Nyalungu (en hulle gemmerkat, Moon) met van die sakke in hulle Nick & Nichol’s-reeks.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa