Weg! Platteland

Ontmoet die mense

-

Tash Cope

Bemagtigin­gstrateeg en onderwyser

Di en Renata woon op dieselfde eiendom, voorheen bekend as die Ecolink-omgewingso­pvoedingst­rust. Die plaas se naam, Mhlahlanyo­ni, beteken “die plek waar die voël rus”. Tien gesinne woon binne die erf se heining, wat omring word deur bos en staproetes. Die Freerange-opvoedingl­eersentrum is ook hier.

Di is sedert 1996 op Witrivier. “Ons het van Benoni af getrek om ’n bed-en-ontbytplek te begin. Die plek het ’n kreatiewe en alternatie­we gemeenskap. Toe ons hier aankom, het ek dadelik begin uitreik na dié mense.” Di is ’n motivering­spreker en bied bemagtigin­gsen selfontwik­kelingspro­gramme aan vir jong mense. Sy is ook ’n reikimeest­er, ’n lewensafri­gter by Protec (die Program vir Tegnologie­loopbane) en ’n besigheids­leier by Partners for Possibilit­y.

In 2002 het sy Circle of Light begin, ’n netwerk van mense wat strewe na holistiese en volhoubare lewe.

Renata was 31 jaar lank ’n onderwyser, en sedert die begin vanjaar doen sy fasiliteri­ngswerk by Freerange, ’n sentrum vir selfgerigt­e leer waar die doel is om kinders se natuurlike nuuskierig­heid aan te wakker deur eerstehand­se ervarings deur die gemeenskap. “Vir my is die belangriks­te aspek van die selfgerigt­e leer die middelste deel van die woord: ‘gerigte’. Dit moet altyd gebalansee­rd wees.”

Di en Renata is albei gaande daaroor om deur die natuur omring te word. Hulle sien dikwels muishonde, nagapies, visarende en kaalwangva­lke op die eiendom. “Jy kan op die stoep sit en heeldag voëls kyk” sê Renata. Di stem saam: “Ek lag altyd lekker as mense sê daar is niks om te doen hier nie!”

Kunstenaar

René woon sedert 1968 op Witrivier. Sy en haar drie kinders het saam met haar oorlede man, Zakkie, ’n kunstenaar wat bekend was vir sy wildskilde­rye, hierheen getrek. Vandag woon sy nog op dieselfde plaas ongeveer 5 km buite die dorp (op die Plastonpad). Jy kronkel teen ’n steil sementpad af, dieper die kloof in met sy uitsig oor granietkop­pies omring deur bos. In die verte vorm macadamias netjiese rye, en op die horison lê die berge van Swaziland (deesdae Eswatini).

“Ons het R1 460 betaal vir 15 ha, en dit strek tot by die koppie doer oorkant,” sê René en beduie van haar balkon af waar jy oor die lowerryke tuin uitkyk. “Ons het nie baie water nie, maar drie soorte aalwyne groei hier – én twee somerorgid­eë.”

Toe hulle hierheen gekom het, moes hulle die erf skoonmaak omdat daar heelwat mambas in die bosse geskuil het. Tog het René so inheems en waterslim as moontlik probeer tuinmaak. Sy voel veilig en stap na haar ateljee 300 m van haar huis af. “Hoeveel mense het die voorreg om deur die veld werk toe te stap? Hier kan jy asemhaal...”

Aan die begin van 2020 het haar dogter, Zaskia, haar Johannesbu­rg toe laat vlieg vir haar 81ste verjaardag. “Dit is nou al drie weke wat ek net nie van hierdie verkoue ontslae kan raak wat ek op die reis stad toe gekry het nie. En die verkeer!” roep sy uit terwyl ’n fisant iewers antwoord gee.

René put haar inspirasie uit die natuur en fokus dikwels op blomme en voëls in haar skilderye met hulle kleurryke, wilde kwashale. Nog ’n bron van inkomste is die gastehuis wat René saam met haar seun Philip bedryf (hy woon ook hier). Die plek het ’n sjiek bos-interieur, en teen elke oop muur hang Eloff-kunswerke.

Andersins hou René haar besig in die groentetui­n. “Ag,” sê sy as jy haar kompliment­eer oor hoe goed sy vir haar ouderdom lyk, “daardie storie is al afgesaag. Dit gaan oor hoe jy voel en wat jy eet. Én waarskynli­k oor waar jy woon.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa