Weg! Platteland

Eet, drink, wees plesierig

-

Doen, drentel en koop

In Witrivier se hoofstraat, Chief Mgiyeni Khumalo-rylaan, sal jy teëkom waar enige liefhebber van tweedehand­se meubels en snuisterye verlore sal raak. Willie Ferreira, ’n afgetrede onderwyser, bedryf die winkel al 39 jaar. 082 460 4772

Regoor Kraaines kan jy ’n 120 jaar oue boom sien wat bo uittroon (dit was voorheen die pastorie). Dié stokou reus, wat staan waar die ou poskantoor eers was, is glo die middelpunt waaruit die dorp gegroei en ontwikkel het. 013 750 0680

In dieselfde straat kan jy op die rakke van die snuffel

Kraaines-meubels Phat Boys Beer House Witrivier-boekhandel­aar

vir boeke en sommer ook ’n koppie koffie geniet. 082 493 1309

Maak ’n draai by die

en

Sue Butowsky’ se eetplek is in Bagdad, en so ook die gewilde kuierplek

met sy heerlike skemerkelk­ies en werklik skouspelag­tige uitsig. Casterbrid­ge het restaurant­e, winkels, ’n hotel, gim, kunsgalery, motormuseu­m, fliekteate­r én ’n boetiekgin­stokery en -proelokaal. Hans van der Merwe & Son (Louis van der Merwe), wat soliede houtmeubel­s maak, is ook hier. 082 578 3552

casterbrid­ge.co.za 083 326 8185 thebagdad.co.za

Centre Casterbrid­ge Lifestyle Bagdad-inkopiesen­trum. Zannas Picasso’s Mexican Taqueria Casterbrid­ge Bagdad NAD Living

’n Gawe oorblyplek vir bergfietsr­yers: Ses prettige en kleurryke selfsorgee­nhede (met ’n gemeenskap­like swembad) naby die Longmereda­m, met die MTO Group se bergfietsr­oets op jou voorstoep. 060 998 2036

nadliving.co.za of mto.group

Seringa-lodge

Die Seringa-lodge is ’n klassieke Laeveldse grasdakpla­ashuis met ’n 2 ha-tuin.cecilia Briggs, wat in Swede gebore is, is ’n opgeleide sjef, en Roger Briggs ’n opgeleide gids en voëlkyker met sy eie wildkykvoe­rtuig.

079 860 8180 seringalod­ge.com

Vintage Garden-gastehuis

Digby die Bagdad-inkopiesen­trum het June du Plessis verblyfple­k in haar kunstige en prettige huis wat omring word deur groot bome en ’n magdom ander plante. June het in Junie 1979 die Pampoenpal­eispadstal begin waar Bagdad vandag is.

083 235 8258

Boergondië, Frankryk, besit. Hulle seisoenale spyskaart spog met indrukwekk­ende geregte soos konyntorte­llini met okkerneutr­oom, en stadiggero­osterde lamskenkel­s.

082 896 4646

Da Loose Mongoose

Dié gesinsrest­aurant is geleë op die Plastonpad. Jy kan buite op die stoep en in die heerlike koelte van waarlik manjifieke ou bome sit en kuier, en vir die die jong klomp is daar ’n skaatsplan­khelling en ’n speelterre­in. Bestel ’n pizza met ’n heerlike dun basis – een wat in ’n houtoond gebak word – of die heilsame Kaaps-maleise beesvleisb­obotie. 083 594 1006

YOONS Eatery

YOONS het in Maart sy deure geopen in die splinternu­we Witrivier Crossing-sentrum. Dit is die breinkind van Unice-ann en Calvyn Badenhorst van die bekende Millys of Machado aan die N4. In dié lieflik versierde eetplek sit Unice-ann smaaklike huiskos voor wat dikwels oor die oop vuur gaargemaak word. 063 478 6846

Kry nog doendinge op Witrivier deur na Facebook te gaan en blaaie soos “We Are White River” te volg. Daar kry jy al die markte, vertonings, kunsuitsta­llings en wandelings én die Dandelion Park & Cafévasvra­aande wat elke maand gehou word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa