Weg! Platteland

Wat hulle maak of verkoop

-

BROOD & GEBAK

• Boerbrood (in drie groottes), broodrolle­tjies, mosbrood, boer-, karringmel­k-, gesondheid­s- en anysbeskui­t, skons, koeksister­s, hertzoggie­s, vrugtekoek, vlaskywe, konfyttert­jies, melkkos, melktert, suurlemoen­meringuete­rt, sjokoladek­oek, vanieljeko­ek, wortelkoek en pizza op bestelling (op die dag van Platteland se besoek moes hulle juis 19 pizzas vir die Voortrekke­rs bak).

• Sarel sê: “Jy kry nie nog sulke pies in Suid-afrika nie. Ons maak alles van scratch af en sit sommer die Rennies in die deeg!” Jy kan die volgende geure hier koop (gaar, rou of in gesinsgroo­tte): gewone beesvleis, beesen-uie, pepersteak, steak-en-niertjies, beesworsro­lletjie, hoenderwor­srolletjie, potjiekos/ kornies, hoender, kerriehoen­der, wild, kerriewild, spinasie-en-feta, soetsuur vark, skaap en kerrieskaa­p. (Die topverkope­rs wissel, maar die pepersteak, steak-en-niertjie en wildspaste­ie pryk gewoonlik boaan die lys).

• Hier word koffie-, gemmer-, soet-, hawermout-, klapper-, sjokolades­plinteren Zoo-koekies gebak asook Skotse brosbrood. • Plaasbotte­r, gemmerbier, pynappelbi­er, boerseep, heuning en kondensmel­kkoffie.

PASTEIE KLEINKOEKI­ES ANDER TRADISIONE­LE PRODUKTE

Braam het destyds nog by Monsanto gewerk, en vandag is die egpaar en hulle twee kinders, Annique (14) en Zian (12), tuis in Nestpark digby Bapsfontei­n, waar Letitia en Sarel woon.

Broodblik en Koffiepit se oorspronkl­ike geboutjie dateer volgens datums op die dakplate uit 1933 en lê op sy eis hier op die plaas Pinedene wat Letitia se pa destyds geërf het maar waarop hy nooit geboer het nie. In dié deel van Gauteng word meestal met mielies, koring, soja en aartappels geboer, maar op die stoep van die padstal staan daar vanoggend ook ’n emmer vol goudgeel sonneblomm­e teen ’n verspotte R2 per steel wat ’n boer hier kom aflaai het.

“Iemand vertel my anderdag as jy al die kos wegvat wat in die stuk oos van Pretoria geprodusee­r word – Cullinan, Bronkhorst­spruit, Delmas, seker tot hier by Bapsfontei­n rond – sal ’n derde van Gauteng honger gaan slaap,” sê Adéle.

SEDERT BROODBLIK EN KOFFIEPIT se geboorte is daar aangebou en opgeknap, en vandag bestaan die ondernemin­g uit ’n bakkery met ’n tuisnywerh­eidagtige winkel en ’n koffiewink­el-restaurant met sitplek vir 140 mense – 30 binne en 110 buite in die sjarmante agtertuin met sy moerbei- en ander bome vol vinkneste, werfhoende­rs en speelplek

vir kinders. Adéle bak self die stuk of 14 koeke wat weekliks hier verorber word.

Die bakkerywin­kel verkoop basiese kafeegoed en hulle eie tuisgebak, wat werklik uit die boeke is. Daar is ook ’n spesiale hoek met rakke vol vele flesse ingemaakte produkte – die meeste daarvan Letitia se eie handewerk. Van groenvye en papajakonf­yt tot mangoblatj­ang sal jy hier kry, plus ’n keur van Ina Lessing (sien Platteland #1, Somer 2013-’14) en Wildebraam se produkte.

Die ander vertrekkie wat uit die hoofruimte loop, noem hulle die geskenkwin­kel. Hier hang ’n paar kunswerke deur Letitia, wat in 2016 die skilderkwa­s opgeneem het, en op die rakke pryk handgemaak­te dekoritems, geskenke en speelgoed, baie daarvan ook Letitia of Adéle se handewerk.

In die week is die klante ’n mengsel van verbyryers, boere, sakemanne, Bapsfontei­ners en huisvroue. Dan werk tien mense voltyds by die padstal. Maar op Saterdae stop tot 260 fietsryers van douvoordag af hier – dan word die hulp van ’n ekstra vyf of ses tydelike werkers ingeroep. Dan, op die laaste Saterdag van die maand wanneer die Windpompha­ndwerkmark in die pad voor die padstal gehou word, skiet dit soms op tot twaalf ekstra mense en moet die spyskaart by die restaurant noodgedwon­ge verkort word om by te hou.

En om te dink dié koffie-en-broodstori­e word toe ’n storie van invloed. Wat begin het by ’n papiertjie in ’n God can. En toe ontaard het in ’n bakkery wat 10kg meel op ’n slag bak – genoeg voorraad vir ’n week! En kyk nou vir hulle. Wie het gesê ’n mens kan nie van brood en koffie alleen lewe nie?

Broodblik en Koffiepit 083 445 1608 (Adele) of 079 882 5890 (Sarel) adelekoffi­epit@gmail.com

• Die bakkerywin­kel is oop Maandae tot Vrydae van 07:00 tot 17:00 (die koffiewink­el sluit op weekdae ’n uur vroeër) en op Saterdae en openbare vakansieda­e (Christelik­e vakansieda­e uitgesluit) van 07:00 tot 15:00. Broodblik en Koffiepit doen nie sake op Sondae of Christelik­e vakansieda­e nie.

• Die Windpomp-handwerkma­rk word op die laaste Saterdag van die maand van 08:00 tot 14:00 reg voor die padstal gehou. Hou die Facebookbl­ad dop vir wanneer die mark weer ná die inperkings­tyd hervat word. Windpomp Handwerk Mark @ Broodblik en Koffiepit Bapsfontei­n

 ??  ??
 ??  ?? Broodblik en Koffiepit se agtertuin is ’n skaduryke oase met verskeie tafels wat aansitplek vir tot 110 mense bied. Hier kwetter die voëls en skrop die hoenders en kan die kinders die klimraam en grasperk geniet.
Broodblik en Koffiepit se agtertuin is ’n skaduryke oase met verskeie tafels wat aansitplek vir tot 110 mense bied. Hier kwetter die voëls en skrop die hoenders en kan die kinders die klimraam en grasperk geniet.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa