Weg! Platteland

Bonnefoi

-

Dié dorpie is geleë 17 km van Carolina af, op ’n grondpad na Machadodor­p toe, en lê weggesteek tussen groot ou bloekoms en oorgroeide tuine.

Rondom 1880 het twee Britse broers, Charles en Tom Everard, hulle winkel op die transportr­oete na Lydenburg gebou en ’n suksesvoll­e handelspos bedryf. Die Everards het hulle neutrale houding in die Anglo-boereoorlo­g verklaar, wat beteken het hulle kon regdeur die oorlog nog ’n diens lewer aan reisigers.

In 1902 is onderwyser­s van Pretoria High School for Girls vir ’n vakansie Hoëveld toe gestuur. Bertha King, ’n kunsonderw­yser, het in Belfast gebly en moes haar Kerspos te perd op Bonnefoi, 40 km ver, gaan haal. ’n Ballade deur Bertha se suster, Edith, het die moelike rit – én Charles en Bertha se ontmoeting – mooi vasgevang.

Poor weary steed, and weary maid, they were a weary pair, When suddenly at last they came To Bonnefoi the fair.

The sun was still behind the hills, No one was yet about, Charles Joseph at his window stood, Just risen – looking out.

He saw the maid, he looked at her, At once her slave was he,

‘So early and so beautiful,

I will her wed,’ said he...

Edith, Bertha en Charles is, saam met Bertha se dogters, Ruth en Rosamund King Everard, in Suid-afrikaanse kunsgeskie­deniskring­e bekend as the Everard-groep, en hulle word onthou vir hulle kleurryke skilderye van die ou Oos-transvaals­e landskap.

Maar dié vroue het veel meer gedoen as net skilder: Edith was ook ’n digter en die hoof van Eunice High School in Bloemfonte­in, en Bertha het vele plase teen vergoeding ontwikkel en haarself gewy aan sendingwer­k onder die werkers. En dan het sy ook kerke ontwerp en gebou. Ruth was ’n renperdtel­er en Rosamund ’n musikus, boer, beesbeoord­elaar, vlieënier en die eerste vrou wat ooit agter die stuur van ’n straler gesit het.

Danksy Frieda Harmsen se boek The Women of Bonnefoi: The Story of the Everard Group hoef ons nou nie meer te wonder nie... Ons wéét hierdie mure kan praat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa