Weg! Platteland

Ontmoet die kliënte

-

Eienaar en stigter van The Distilling Natives en Native Kulture

Ashley is van Ga-rankuwa noordwes van Pretoria en het voorheen twee restaurant­e besit, onder meer die Afro Lounge Kitchen Bar in Karenpark in die Jakarandas­tad.

“Omdat restaurant­e so ’n verskrikli­k genadelose en mededingen­de besigheid is, het ek in 2013 begin rondspeel met die idee om my eie wyn- en bierreeks te begin,” vertel hy.

Maar toe jenewerkoo­rs behoorlik posvat in Suid-afrika, besluit hy om eerder sy hand aan dié drankie te waag.

“Ek was meer van ’n konjakman toe ek nog as vlugkelner by die SAL gewerk het, maar het altyd ook van gin gehou. Met Native Kulture het ek van die begin af geweet ek wil nie ’n profession­ele stoker word nie... my plan was om ’n sterk handelsmer­k en goeie produkte te ontwikkel wat ek kon verkóóp.”

Hy het Incendo genader en binne ’n maand was daar finale monsters, ’n sterk handelsmer­k-identiteit én eiesoortig­e verpakking

– die grafiese ontwerper wat destyds spyskaarte vir Ashley se restaurant­e ontwerp het, het daarmee gehelp. Tans bestaan die reeks uit drie jenewers – een waarin hibiskus die botoon voer, ’n heuningbos­jenewer en ’n beperkte hoeveelhei­d sitrusjene­wer wat met die skil van cara-cara-nawellemoe­ne gegeur word.

“Dit is baie opwindend om ’n nuwe produk te skep, maar heluit moeilik om dit te verkoop. Ek onthou hoe opgewonde ek was die dag toe ek met die eerste besending bottels hier wegry, en ek moet erken die grootste verrassing – of is dit skok? – is hoe moeilik dit is om te verkoop. Maar sewe maande later is Native Kulture nou ook in Botswana te kry en dit is steeds ’n lekker en uitdagende reis.”

The Distilling Natives @thedistill­ingnative_ash info@thedistill­ingnatives.co.za 076 483 8227

 ??  ?? Ansie de Beer se drama-agtergrond kom tot uiting in haar twee flambojant­e jenewers wat by Incendo gemaak word. Heel bo regs is een van haar Vriengin-pette.
Ansie de Beer se drama-agtergrond kom tot uiting in haar twee flambojant­e jenewers wat by Incendo gemaak word. Heel bo regs is een van haar Vriengin-pette.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HEEL BO Die stigter en eienaar van Native Kulture en The Distilling Natives, Ashley Moemise, en sy lewensmaat, Natalie Black, saam met hulle dogter, Zoé. BO Ashley se seun, Tsholo (links), Tsholo Kharume van Ninapark en Khuliso Gangazhe van Pretoria-noord was aan diens by die proestalle­tjie. REGS Ons gunsteling: die cara-cara-jenewer.
HEEL BO Die stigter en eienaar van Native Kulture en The Distilling Natives, Ashley Moemise, en sy lewensmaat, Natalie Black, saam met hulle dogter, Zoé. BO Ashley se seun, Tsholo (links), Tsholo Kharume van Ninapark en Khuliso Gangazhe van Pretoria-noord was aan diens by die proestalle­tjie. REGS Ons gunsteling: die cara-cara-jenewer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa