Weg! Platteland

Hier sit die manne...

Die afgelope 21 jaar al kom sit ’n klompie ou vriende op die Swartlands­e dorpie Moorreesbu­rg elke dag op dieselfde tyd by dieselfde tafel aan vir tee. Waaroor gesels hulle? Ons het gaan hoor...

- TEKS EN FOTO’S

Jy gaan sit, bestel, maak praatjies met die vriendelik­e Alice, slaan jou rekenaar oop en val weg. Dis nog voor 08:00. Jy werk vir ’n vale, maar dan, hier teen 08:40, sien jy uit die hoek van jou oog Alice begin ongemaklik rondtrippe­l.

Tien minute later staan sy voor jou. “Ag man, ek’s vreeslik jammer, maar mag ek jou vra om na ’n ander tafel toe te skuif? Die oupas kom oor ’n paar minute en hulle sit nét aan dié tafel...”

DIE AFGELOPE 21 JAAR AL is dit ’n daaglikse ritueel. Knap voor 09:00 kom vier vriende bymekaar: oom Frikkie “Oliepyp” Bester (84); oom Koos “Scooter” Bester (ook 84), wat al die jare ’n Mercedesme­chanic was en vandag nog die kar ry wat hy 40 jaar gelede gekoop het; oom Jan “Possie” Bester (79), ook ’n boer, en om Jan “Mikkels” Carstens (88), nog ’n boer wat as ’n sideline grondversk­uiwing gedoen het. “Ek was maar ’n vrot boer!” lag hy en die ander drie verstik byna in hulle tee.

Maar voordat die Lategan-slaghuis in 1998 sy deure geopen het, het hulle by die Ou Handelshui­s, daar waar Shoprite vandag is, bymekaarge­kom. Hulle is nie mooi seker presies hoe lank hulle al elke dag bymekaarko­m nie.

“Dit is beslis baie langer as 10 jaar,” sê oom Frikkie, wie se skaaphond, Magriet, geduldig agterop sy Isuzu-bakkie voor die slaghuis lê.

“Nooit!” sê oom Jan Carstens, “dit moet langer as 30 jaar wees...”

“Aag, nou maar goed, kom ons kom dan ooreen op 15 jaar.”

WAAROOR GESELS die ou vrinne? Daar’s meestal stilte aan die tafel terwyl hulle tee drink, maar, kom oom Jan Bester naderhand met die sak patats vorendag, “ons los die land se probleme op”.

Soms gesels hulle waaroor alle boere praat: reën. Oom Frikkie, wat al sedert die jare vyftig boer, sê hy het ’n rekord van die dorp se reënval sedert 1924.

Hoe lyk dit, waag ’n mens: Gaan ons vanjaar ’n goeie winter hê? Ons het dit nodig, veral ná ’n paar slegte reënjare...

Maar oom Frikkie waag nie ’n voorspelli­ng nie. Al wat hy bereid is om te sê is dat elke sesde jaar ’n “uitskieter” is wat meer as 20 duim oplewer.

Dan sit hulle in stilte verder. Uiteindeli­k, ná ’n uurtjie of wat, staan hulle een ná die ander op en verdwyn in verskillen­de rigtings. Tog môreoggend om nege.

Intussen het Alice met ’n swart lei en bordkryt vir die oupas se tafel ’n bordjie gemaak om die tafel te reserveer. Sodat geen Ford-eienaar ooit weer ’n moontlike insident kan veroorsaak nie.

• Vir die inperkings­tyd is Lategan se restaurant en koffiewink­el gesluit. Ons hoop die oupas kan spoedig weer kom hand bysit met die oplossing van ons land se probleme.

 ??  ?? Frikkie “Oliepyp” Bester, Koos “Scooter” Bester, Jan “Possie” Bester en Jan “Mikkels” Carstens sit aan vir hulle oggendtee in Nicky Lategan-slagtery se koffiewink­el. Elke oggend behalwe Sondae. By dié tafel.
PETER VAN NOORD
Frikkie “Oliepyp” Bester, Koos “Scooter” Bester, Jan “Possie” Bester en Jan “Mikkels” Carstens sit aan vir hulle oggendtee in Nicky Lategan-slagtery se koffiewink­el. Elke oggend behalwe Sondae. By dié tafel. PETER VAN NOORD
 ??  ??
 ??  ?? BO Alice Louw, wat die belange van die oupas op die hart dra. “Ek is báie lief vir hulle,” sê sy. “Hulle kom drink elke oggend tee, maar as iemand verjaar, dan stiek hy die ander vir ’n lekker stewige ontbyt.” HEEL LINKS Nicky Lategan se slagtery-enkoffiewi­nkel op die hoek van Royal- en Langstraat (die hoofstraat) op Moorreesbu­rg. (Darem nie die Royal-hotel nie... – Reds.) LINKS Die oupas is letterlik én figuurlik deel van die dekor...
BO Alice Louw, wat die belange van die oupas op die hart dra. “Ek is báie lief vir hulle,” sê sy. “Hulle kom drink elke oggend tee, maar as iemand verjaar, dan stiek hy die ander vir ’n lekker stewige ontbyt.” HEEL LINKS Nicky Lategan se slagtery-enkoffiewi­nkel op die hoek van Royal- en Langstraat (die hoofstraat) op Moorreesbu­rg. (Darem nie die Royal-hotel nie... – Reds.) LINKS Die oupas is letterlik én figuurlik deel van die dekor...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa