Weg! Platteland

Patatbrood

-

Maak die patats in die vuur gaar as jy kan – ’n mens proe die rokerighei­d in die brood.

Maak 2 groot brode Bereidings­tyd 2uur Baktyd omtrent 1uur

JY BENODIG

• 500 g gaar patat (1 groot of

2 middelslag-patats)

• 2 koppies (500 ml) lou water

• 1 blikkie (330 ml) bier

• 10 koppies (1,2 kg) witbroodme­el

• 1 pakkie (10 g) kitsgis

• 4 teelepels (20 ml) sout

• 2 teelepels (10 ml) suiker

• 2 knoffelhui­sies, fyngedruk

• 50 g sagte botter

• 2 eetlepels (30 ml) vars salie- en

roosmarynb­lare, grofgekap

• 1 teelepel growwesout om bo-oor te strooi • olyfolie om voor te sit

SÓ MAAK JY

Trek die gaar patat se skil af, skep die vleis in ’n mengbak en druk dit met ’n vurk fyn.

Meng die water en bier en roer twee derdes by die patat tot dit net-net gemeng is. Hou die res eenkant (ingeval jy dit nodig kry). Gebruik ’n groter mengbak om die meel, gis, sout en suiker saam te sif. Meng die patatmengs­el by die meelmengse­l om ’n deeg te vorm. (Meng nog ’n bietjie van die biermengse­l by indien die deeg te styf voel.) Knie die deeg vir omtrent 10 minute met die hand (of in ’n staanmenge­r met ’n deeghaak) tot dit sag en elasties is. Laat dit vir omtrent 1 uur eenkant rys.

Smeer intussen een groot bakplaat (of twee kleineres) met olie en skud dit liggies met meel. Verhit die oond tot 200 ºc.

Smeer ’n bietjie olie aan jou hande en verdeel die deeg in twee.

Vorm elke brood liggies op die bakplaat en sny kepe in die bokant. Meng die knoffel en botter en verf dit liggies oor die rou deeg. Sprinkel die gekapte kruie en growwesout bo-oor. Laat die deeg weer rys vir omtrent 30 minute. Bak dit vir 20 minute teen 200 ºc, verlaag die hitte tot 180 ºc en bak dit vir nog sowat 40 minute of tot dit deurgaar is. Sit die brood voor met goeie olyfolie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa