Weg! Platteland

Driekaas-patatgnocc­hi

-

Tuisgemaak­te gnocchi is nou wel ’n bietjie werk, maar jy kan die rou gnocchi vir ’n week in die yskas hou óf dit vries vir ’n volgende maaltyd.

Genoeg vir 2-4 Bereidings­tyd 30 minute plus staantyd oornag Gaarmaakty­d 20 minute

JY BENODIG

• 600 g gaar patat (1 groot of

2 middelslag-patats)

• 40 g parmesaan, fyngeraspe­r

• 100 g beleë cheddar, fyngeraspe­r • 100 g sagte feta, gekrummel

• 1 teelepel (5 ml) sout

• 2 koppies (500 ml) meel plus ekstra

vir die uitrolslag

VIR DIE SOUS

• koppie (80 g) botter

• 1 ui, fyngekap

• 1 knoffelhui­sie, fyngedruk

• 2 selderysti­ngels, fygekap

• 2 sterkgegeu­rde gerookte worsies soos chorizo of cabanossi, in ringe gesny (jy kan ook ’n pakkie spek gebruik)

SÓ MAAK JY

Prik die patats met ’n vurk en mikrogolf dit vir omtrent 10 minute of langer op hoog of tot dit sag en gaar is. Jy kan die patats ook in die oond bak vir omtrent 45 minute (teen 180 ºc). Laat die patats heeltemal afkoel voordat jy die skil aftrek.

Maak die patat fyn en meng dit met die parmesaan, cheddar en feta, die sout en 1½ koppie (375 ml) van die meel (hou die orige halwe koppie meel eenkant). Die patatmengs­el moet taamlik styf wees maar steeds gevorm kan word – voeg nog meel by indien dit te sag is. Bedek die mengsel en laat dit oornag in die yskas rus (of minstens ’n paar uur).

Sprinkel van die orige meel op ’n werkopperv­lak. Verdeel die patatmengs­el in vier en gebruik jou hande om elke stuk in ’n lang wors te vorm. Rol elke wors effens platter, sny dit in stukkies van 5 cm en bedek dit met meel.

Verhit ’n kastrol met soutwater tot kookpunt en gooi ’n paar stukkies gnocchi op ’n slag daarin. Wag tot die gnocchi begin dryf en laat dit dan vir nog ’n minuut kook voordat jy dit dreineer en met olyfolie bedruip. Herhaal met die res van die gnocchi (of kook soveel soos wat jy nodig het).

Maak die sous

Verhit van die botter in ’n groot pan en braai ’n paar van die stukkies gnocchi op ’n slag tot dit mooi goudbruin is. Skep dit uit en braai dan die ui, knoffel, seldery en worsies tot dit gaar en geurig is. Geur dit na smaak met sout en varsgemaal­de swartpeper. Skep die res van die botter en die gebraaide gnocchi by die uiemengsel en sit dit dadelik voor, terwyl dit nog warm is. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa