Weg! Platteland

Patat-hotdog met Oosterse rafelvarkv­leis

-

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd 15 minute Gaarmaakty­d Omtrent 2 uur

JY BENODIG

• 6 lang dun patats

• 500 g varknektjo­ps

• sap en skil van 1 groot suurlemoen

• 2 eetlepels (30 ml) sonneblomo­lie

• 2 teelepels (10 ml) grondboont­jieof sesamolie

• 100 ml oestersous

• 1 eetlepel (15 ml) vissous

• 100 ml sojasous

• 100 ml sagte bruinsuike­r

• ¼ koppie (60 ml) fyngeraspe­rde vars gemmer • 2 knoffelhui­sies, fyngedruk

• 1 brandrissi­e, fyngekap

• 1 steranys

• 1 stuk pypkaneel

• 1 koppie (250 ml) water

• vars koljanderb­lare om voor te sit

SÓ MAAK JY

Verhit die oond tot 160 ºc. Draai elke patat in sy eie stukkie foelie toe

(met die blink kan na binne) en hou dit eenkant.

Geur die varknektjo­ps met die suurlemoen­sap en -skil asook sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak. Pak die tjops in ’n diep oondvaste bak met ’n deksel wat dig seël.

Meng die res van die bestanddel­e, giet dit oor die tjops en roer dit deur sodat al die vleis met sous bedek is. Sit die deksel op en bak dit vir sowat 2 uur in die warm oond, maar roer dit elke halfuur vinnig deur en bak dit verder. Sit terselfder­tyd ook die patas in die oond en bak dit tot dit sag is (kleiner patats behoort ná 40 minute al sag te wees).

Die vleis behoort ná 2 uur sag te wees en die sous lekker taai en klewerig. Indien nie, kan jy dit vir nog omtrent 30 minute bak, maar dié slag sonder die deksel.

Gebruik twee vurke om die vleis te vlok. Sny die gaar patats oop maar nie heeltemal deur nie, en skep die varkvleis in die gleuf en bo-op elke patat. Sit dit voor met vars koljanderb­lare.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa