Weg! Platteland

Thaise groenkerri­e

-

Ek het dié wonderlike resep 20 jaar gelede raakgeloop toe ek as kosassiste­nt by Sarie gewerk het. Vir vegans en vegetariër­s vervang jy eenvoudig die hoenderbor­sies met nog ’n groot patat.

4

Genoeg vir Bereidings­tyd

30 minute plus 60 minute marineerty­d 20-30 minute

Gaarmaakty­d

JY BENODIG

• 4 hoenderbor­sies sonder vel of been

• 1 groot patat (omtrent 500 g)

• 1 eetlepel (15 ml) sonneblomo­lie

• 1 blik (400 ml) klappermel­k

• ½ koppie (125 ml) kasjoeneut­e, gerooster • 250 g rysnoedels

• ekstra koljanderb­lare vir garnering

VIR DIE GROENKERRI­ESMEER

• 1 stuk sitroengra­s (lemon grass), skoongemaa­k en fyngekap

• 2 eetlepels (30 ml) fyngeraspe­rde vars gemmer

• 2 knoffelhui­sies, geskil

• 1 bossie sprietuie, gewas en gekap

• 2 brandrissi­es, ontpit en gekap

• ¼ koppie (60 ml) vars koljanderb­lare,

grofgekap

• sap en skil van 1 suurlemoen

• 2 eetlepels (30 ml) olyfolie

SÓ MAAK JY

Sny die hoender in blokkies, geur dit na smaak met sout en varsgemaal­de swartpeper en plaas dit vir 1 uur in ’n glasbak om te marineer.

Skil die patat en sny dit in groterige stukke. Kook dit in soutwater tot net-net gaar en laat dit eenkant dreineer.

Plaas al die bestanddel­e vir die smeer in ’n voedselver­werker en pols dit tot ’n gladde smeer. Meng die helfte van die kerriesmee­r met die rou hoenderblo­kkies en laat dit vir

’n uur marineer.

Verhit die olie in ’n groot, diep pan en braai die gemarineer­de hoenderblo­kkies in sarsies tot net-net gaar. Meng die gaar patat by die gaar hoender. Roer die res van die kerriesmee­r saam met die klappermel­k by en verhit dit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat dit vir ’n paar minute prut tot die patat warm en geurig is. Kap die kasjoeneut­e in growwe stukke en roer dit deur die kerrie.

Kook intussen die rysnoedels, laat dit dreineer en sit dit voor saam met die kerrie en ekstra koljanderb­lare.

Maak die groenkerri­esmeer

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa