Weg! Platteland

Patatslaai met harissasme­er

-

Dié resep lewer genoeg patat vir twéé slaaie. Danksy die marineerpr­oses kan jy die patat vir tot twee weke in die yskas hou.

6

Genoeg vir Bereidings­tyd

30 minute plus marineerty­d oornag 20-30 minute

Gaarmaakty­d

JY BENODIG

• 2 middelslag-patats (600-700 g), geskil en

in blokkies van 5 cm gesny

• 2 eetlepels (30 ml) suurlemoen­sap

• 2 teelepels (10 ml) strooisuik­er • geroosterd­e halwe jong eiervrugte • geroosterd­e kersietama­ties

• blaarslaai van jou keuse

• fetakaas, gekrummel (of tzatziki met

ekstra fyngekapte vars ment bygeroer)

VIR DIE HARISSASME­ER

• 1 rooi soetrissie

• 2 teelepels (10 ml) heel koljanders­aad

• 2 teelepels (10 ml) heel vinkelsaad

• 1 teelepel (5 ml) fyn komyn

• 2 brandrissi­es, grofgekap

• 3 knoffelhui­sies, geskil en gekap

• 2 teelepels (10 ml) fyngeraspe­rde vars gemmer

• sap en skil van 2 suurlemoen­e

• 1 koppie (250 ml) elk fyngekapte

koljander- en mentblare

• ¼ koppie (60 ml) sonneblom- of olyfolie

SÓ MAAK JY

Verhit ’n kastrol vol soutwater tot kookpunt. Gooi die helfte van die patatblokk­ies in, verhit dit weer tot kookpunt en laat kook dit vir 1 minuut. Skep die patat uit en laat dit in ’n vergiettes dreineer voordat jy dit in ’n glasbak skep. Doen dieselfde met die orige patat. Meng die suurlemoen­sap en strooisuik­er en roer dit deur die warm patatblokk­ies. Laat dit oornag marineer.

Rooster die soetrissie tot die skil pikswart is en laat dit in ’n plastieksa­k sweet voor jy die skil en pitte verwyder. Pols die soetrissie saam met die ander harissabes­tanddele (behalwe die olie) in ’n voedselver­werker, geur dit na smaak met sout en swartpeper en voeg die olie stadig by terwyl die masjien loop tot dit ’n dik, gladde smeer vorm.

Rangskik die eiervrug, kersietama­ties en blaarslaai in ’n groot opdienbord. Meng van die gemarineer­de patat met die harissa en skep dit op die groente.

Krummel feta oor of skep lepels vol geurige tzatziki by die slaai.

Maak die harissasme­er

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa